Magnifying Glass
Search Loader

Anton F. Prinsloo 
‘n Dief aan die kers – Skelm woorde deur die eeue 

Support
Adobe DRM
Cover of Anton F. Prinsloo: 'n Dief aan die kers - Skelm woorde deur die eeue (ePUB)
‘Hierdie splinternuwe boek deur dr. Anton F. Prinsloo beskryf hoe die oorspronklike betekenisse van ongeveer 1 000 Afrikaanse woorde metterjare só verander het dat die betekenisse wat ons vandag ken, byna hoegenaamd nie sin maak nie.

So byvoorbeeld het die woord ‘ambisie’ eeue gelede niks met ’n sterk strewe na sukses en vooruitgang te doen gehad nie. As iemand in daardie eeue ambisie gehad het, het dié persoon soos ’n bedelaar van huis tot huis geloop.
En die betekenis van die Nederlandse ‘dyk’ was toentertyd allermins dié van ‘n “hoë wal by die see om water uit te hou”. Die woord het juis nie na die wal vewys nie, maar na die sloot wat gegrawe is om grond te kry om die wal, wat die land teen die see moes beskerm, mee te bou.

As ons vandag van ’n ‘kandidaat’ praat, sou ons nie dink dat dit iemand is wat ’n verpligte wit rok sou moes aanhê nie.
En die klein, kruipende diertjie wat ons ‘n ‘wurm’ noem, kon toentertyd na ’n maaier, slang, skerpioen of draak verwys het. Ligte, prettige leesstof.

Dié boek verskil van ’n tradisionele boek oor die herkoms van woorde (die etimologie) deurdat dit net woorde behandel waarvan die betekenis erg prettig (en skelm) deur die tyd skeefgetrek is. ‘
€12.99
payment methods

About the author

’n Dief aan die kers – skelm woorde deur die eeue volg op twee susksevolle Pharos-publikasies deur dr. Anton F.Prinsloo, naamlik Spreekwoorde en waar hulle vandaan en Bygelowe en waar hulle vandaan kom.

Toe dr. Anton Prinsloo tien jaar oud was, is sy eerste twee verhale in die destydse dagkoerant, Die Transvaler, gepubliseer.

Sedertdien is hy in die wetenskap van taal geïnteresseerd, maar veral in die herkoms van Afrikaanse woorde en uitdrukkings.

Hy was voorsitter van die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Taaladviesraad van die destydse SAUK. Hy het verskeie artikels vir linguistiese tydskrifte geskryf en het nie minder nie as agt boeke gepubliseer. Hy is reeds ‘n dekade lank die skrywer van die rubriek “Taalkruie”, wat in die dagblad, Volksblad, verskyn.

Dr. Prinsloo het onder meer pryse van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, die ATKV en die FAK vir sy skryfwerk ontvang.
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 288 ● ISBN 9781868901777 ● File size 0.5 MB ● Publisher Pharos ● Published 2013 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 5394052 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

172,759 Ebooks in this category