Magnifying Glass
Search Loader

Dana Snyman 
In die blou kamp 
Facebook-stories

Support
Adobe DRM
Cover of Dana Snyman: In die blou kamp (ePUB)
Dana Snyman is volksbesit. Hy reis rond deur Suid-Afrika en skryf oor sy ontmoetinge met mense langs die pad, die trokdrywers, die meisie wat in matriek swanger geraak het, donkie-eienaars, die vrou wat haar seun in die grensoorlog verloor het, Cliffie van Epping, oom Pik Botha in Pretoria… Sy stories tref mens in die binnegoed. Soms is dit hartseer, maar soms skreeusnaaks, soos die storie oor sy ma wat sweer dat sy vanjaar ‘net iets ligs’ vir die Kers-ete gaan bedien. Met hierdie boek het Dana sy mees ontroerende of eiesoortige ontmoetings geboekstaaf. Die meeste van die stories het hy aanvanklik op Facebook, waar hy duisende volgelinge het, gepos. Die wat die grootste reaksie gekry het is hierin verwerk. ‘n Ware interaktiewe Suid-Afrikaanse boek.
€13.99
payment methods

About the author

Dana Snyman is op Stellenbosch gebore. Sy pa, oom Coenie, was ‘n predikant – een van daardie predikante wat elke vier jaar ‘n beroep na nog ‘n klein, afgeleë dorpie aanvaar het. Hy skryf op die ou end matriek op die destydse Nylstroom. Na ‘n kort, onsuksesvolle universiteitsloopbaan, werk hy onder meer as veiligheidswag, skakelbordoperateur, en boekwinkelklerk. Met die genade van Bo beland hy in die joernalistiek. Hy werk eers as misdaadverslaggewer by Beeld, daarna skryf hy vir Huisgenoot oor enigiets van bomontploffings tot die wereld-kettieskiet-kampioenskappe. Van 2004 tot 2008 was hy die reistydskrif Weg se reisskrywer. Sy rubrieke en stories verskyn steeds geereeld in die dagblaaie en talle tydskrifte, meestal Huisgenoot. Dana se boeke is Uit die binneland, Anderkant die scrap, Op die agterpaaie, Op die toneel, Hiervandaan en Onder die radar. Op die agterpaaie het in Engels verskyn as On the Back Roads en Hiervandaan as The Long Way Home. Anderkant die scrap is ook as luisterboek beskikbaar. Vir sy skryfwerk het Dana reeds talle Mondi- en Pica-toekennings sowel as ATKVeertjies ontvang. Sy boeke is ook telkens topverkopers. Dana se eerste dramateks, Die uwe Pottie Potgieter, is in 2006 by die Aardklop-fees as die naaswenner van die Anglo Gold Ashanti-Smeltkroesprysvir nuutgeskrewe tekste bekroon. Dis ook later aangepas en deur SABC2 as ‘n TV-reeks uitgesaai. In 2008 volg Wyk 14, in 2013 Rooikaart en in 2015 Die Klaagliedere van ds. Tienie Benadie. Al dié stukke, met Frank Opperman as akteur, is landwyd met sukses opgevoer. Wanneer hy nie op reis is nie, woon Dana op Jacobsbaai aan die Weskus.
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 304 ● ISBN 9780624072263 ● File size 6.7 MB ● Publisher Tafelberg ● Published 2015 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 4535079 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

4,911 Ebooks in this category