Lupa
Cargador

Christine Barkhuizen-le Roux 
My naam is Prins, ek slaap met die lig aan 

Soporte
Adobe DRM
Portada de Christine Barkhuizen-le Roux: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan (ePUB)
Corinne Prinsloo, ’n kliniese sielkundige, se huwelik is nie meer wat dit eens was nie. Dis asof haar domineeman, Frank, wegkruip in sy studeerkamer, en saans al hoe vroeër die whiskeybottel nadertrek. Die liefdevolle saamwees van vroeër het verander in ’n versigtige eierdans rondom mekaar. Wanneer Deon, ‘n oudpasiënt, haar nader om saam met hom ’n pelgrimstog te onderneem na die dorp van sy kinderjare, word Corinne voor ’n belangrike keuse geplaas. Begelei sy Deon ’n laaste maal terug na die trauma van sy verlede, of moet sy by Frank bly en self agter die kap van die byl van haar man se drinkprobleme probeer kom? In Christine Barkhuizen-le Roux se jongste roman, My naam is Prins, ek slaap met die lig aan, vra die skrywer skreiende, dapper vrae. Wat beteken dit om ’n goeie man te wees? Hoe raak ’n mens ontslae van die verlede? En bowenal, hoe heel jy veertig jaar later die pyn van ’n klein seuntjie genaamd Prins?
€14.99
Métodos de pago

Sobre el autor

Christine Barkhuizen-le Roux is in 1959 in Vryburg gebore. Sy behaal in 2005 ’n Meestersgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Wes-Kaap. Sy is digter en kortverhaalskrywer en vier van haar boeke het by H&R verskyn: Padmaker (2010), Wat die oog gesien het (2011), Getuie (2012) en Drieklawerblaar (2016).
Idioma Africaans ● Formato EPUB ● Páginas 352 ● ISBN 9780798179713 ● Tamaño de archivo 2.1 MB ● Editorial Human & Rousseau ● Publicado 2019 ● Edición 1 ● Descargable 24 meses ● Divisa EUR ● ID 7170293 ● Protección de copia Adobe DRM
Requiere lector de ebook con capacidad DRM

Más ebooks del mismo autor / Editor

709.561 Ebooks en esta categoría