Lupa
Cargador

Susan Coetzer 
Selma en Louise 

Soporte
Adobe DRM
Portada de Susan Coetzer: Selma en Louise (ePUB)
“Ek wil ’n enkelkaartjie bespreek, ” fluister Selma aan die man agter die toonbank in Flight Centre. “Waarnatoe?” vra hy en kyk op. “Geen idee nie, ” sê Selma en lek oor haar droë lippe. “Solank dit baie ver van Johannesburg is.” Selma Barnard se hele lewe het soos ’n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek deur ’n sogenaamde ridder op ’n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar hartsvriendin van veertig jaar? Hoekom het sý haar nie gewaarsku nie. Indië toe, dis waarheen sy sal vlug, besluit Selma. Sy sal al haar durf en moed bymekaarskraap, vrou-alleen op die vliegtuig klim Mumbai toe, en ’n nuwe mens terugkom. Solank sy net daai stemmetjie binne haar kan ignoreer wat sê Alles is nie pluis nie…
€14.99
Métodos de pago

Sobre el autor

Susan Coetzer is landswyd bekend as aktrise, motiveringspreker en skrywer. Haar topverkoperroman, ​Oros vir die siel​, het meer as 30 000 eksemplare verkoop. Sy woon in Johannesburg en het een seun. ​Selma en Louise​ is haar eerste roman by H&R.
Idioma Africaans ● Formato EPUB ● Páginas 464 ● ISBN 9780798176576 ● Tamaño de archivo 0.8 MB ● Editorial Human & Rousseau ● Publicado 2018 ● Edición 1 ● Descargable 24 meses ● Divisa EUR ● ID 6207997 ● Protección de copia Adobe DRM
Requiere lector de ebook con capacidad DRM

Más ebooks del mismo autor / Editor

709.561 Ebooks en esta categoría