Loupe
Search Loader

Alettie Van den Heever 
Stof 

Support
Adobe DRM
Couverture du Alettie Van den Heever: Stof (ePUB)
Twintig jaar ná die Hardskip. Dié wat oor is in die Wes-Kaap is gelooi deur die groot honger toe al die oeste misluk het, deur die stof en die gluur van die son. Op Kylemor wonder Ampersand wat geword het van Wakinyan, die swarthaar-man wat als kom deurmekaarroer het. Hier’s min vir haar oor ná haar ouma se dood, so sy vat die pad – met haar sade. Sy moet vir Wakinyan vind, en sy moet sorg dat die saad nie in Meconium – hulle wat alle saad wil beheer – se hande val nie, want plantsaad is in 2081 ’n streng taboe en Amper se grootste las. Maar juis in Meconium moet sy gaan soek, waar high-tech shit en high-shit tech vennote is. Amper en haar unieke neus wat die groot stof kan deurtas moet haar pad voel-voel baan deur die stank van dié regime. Stof is subtiele toekomsfiksie, avontuurverhaal én ’n aards-poëtiese ontginning van ’n beeldskone anderster Afrikaans. Dié debuut spruit uit ’n cum laude-meestersgraad in kreatiewe skryfwerk onder leiding van Marlene van Niekerk en Willem Anker.
€14.99
méthodes de payement

A propos de l’auteur

Alettie van den Heever is ’n boorling van Springbok en tans ’n doktorale student in die Afrikaanse letterkunde aan die US, waar sy ook voorgraads studeer het. Sy het in Kaapstad skoolgehou en woon tans in Bellville. Stof (wat deels afspeel in ’n toekomstige Bellville) is haar eerste roman.
Langue Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 384 ● ISBN 9780795801600 ● Taille du fichier 0.5 MB ● Maison d’édition Queillerie ● Publié 2018 ● Édition 1 ● Téléchargeable 24 mois ● Devise EUR ● ID 6474212 ● Protection contre la copie Adobe DRM
Nécessite un lecteur de livre électronique compatible DRM

Plus d’ebooks du même auteur(s) / Éditeur

82 832 Ebooks dans cette catégorie