Loupe
Search Loader

Meiring Fouche 
Dreunende Hoewe 

Support
Adobe DRM
Couverture du Meiring Fouche: Dreunende Hoewe (ePUB)

DREUNENDE HOEWE – SAHARA AVONTUUR REEKS




Teuns Stegmann en van sy vriende ontsnap uit die vesting van die Doelaks in die Atlasgebergte, met ’n bomwerper. Hulle land daarmee in Dini Salam en vertel aan kolonel Le Clerq, bevelvoerder van Dini Salam, dat daar verskeie gaswapens in die vliegtuig is. Die dodelike gaswapens was bestem vir Brigitte Bonnet, leier van die Doelaks se aanval teen die Franse forte. Hulle verwag dat sy binnekort al die forte daarmee gaan aanval.




 Dan bereik nog meer skokkende nuus hulle. Die heilige Swaard van Doetra word gesteel uit sy bewaring in die Franse hoofkwartier. Dit alleen is genoeg om feitlik al die Arabiere in die woestyn saam te laat staan, in hul stryd om die Franse juk finaal van hul skouers af te gooi. Kaptein D’Arlan, wat die bynaam Houdini van die woestyn gekry het, beraam ’n hoogs geheime plan wat hy aan kolonel Le Clerq voorlê. Met tweehonderd manskappe tot sy beskikking vertrek hy kort daarna die woestyn binne, om sy plan in werking te gaan stel.




 Brigitte Bonnet, vorstin en leier van die Doelaks stuur vyfhonderd ruiters na die eerste Franse fort, Fort Laval. Maar tot hul verbystering is die fort dolleeg, buiten een baie dronk manskap wat agter gebly het. Hy vertel hulle ’n verhaal wat hulle amper nie kan glo nie. Die Doelaks beset dadelik die fort en maak planne om die volgende fort, fort Petain te gaan aanval. Fort Laval is egter toe nie so leeg as wat hulle aanvanklik gedink het nie en kry hulle die verrassing van hul lewe. Een Doelak ontsnap egter die dood en verwoesting. Teuns, Fritz en Jack Ritchie word gestuur om hom agterna te sit en te verhoed dat hy alarm gaan maak by Brigitte se hoofmag, wat reeds op pad is om die fort Dini Salam te gaan aanval.




 Kort voor lank word hulle in die woestyn oorval deur ses gewapende drosters van die Franse Vreemdelegioen. By hulle het hulle iets, so ongelooflik en so belangrik dat Teuns weet hulle moet so gou moontlik probeer ontsnap, om die uiters belangrike nuus so spoedig moontlik aan kolonel Le Clerq te gaan oordra. Met ’n baie slim set slaag Teuns daarin om hulle drie te bevry, maar hulle vlug en vreugde is van korte duur. ’n Patrollie van twintig Arabiere kry hul spoor en volg hulle genadeloos deur die woestyn, om die skat wat hulle gevind het, terug te kan kry.




 Intussen weet nie Teuns-hulle of kolonel Le Clerq wat van D’Arlan geword het nie. Hy en sy tweehonderd manskappe het eenvoudig spoorloos verdwyn. Dan daag daar skielik ’n see van derduisende ruiters op wat Dini Salam heeltemal omring. Brigitte Bonnet het opgedaag saam met duisende ander Arabiere en berei hulle voor vir die finale aanval teen Dini Salam, die volgende oggend. Vanaf die borswering in Dini Salam, sien kolonel Le Clerq ’n eensame ruiter aangejaag kom na die hooftent van Brigitte Bonnet. Nie lank daarna nie, vertek sy en drieduisend ruiters in ’n stofwolk na Doetra, hulle eie vesting. Die onbekende ruiter word begelei deur sestig van Brigitte se lyfwag op spierwit perde. Kolonel Le Clerq kan nie verstaan wat aangaan nie en besef dat hulle posisie hopeloos is. Maar dan besluit hy om iets gewaagds aan die saak te doen voor die volgende oggend. ’n Rooi ligstraal wat agter die duisende aanvallers in die lug opgeskiet is, is die teken waarop hulle gewag het…

€6.39
méthodes de payement
Langue Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 158 ● ISBN 9781928498063 ● Taille du fichier 0.6 MB ● Éditeur Pieter Haasbroek ● Maison d’édition Pieter Haasbroek ● Pays GB ● Publié 2022 ● Téléchargeable 24 mois ● Devise EUR ● ID 7744679 ● Protection contre la copie Adobe DRM
Nécessite un lecteur de livre électronique compatible DRM

Plus d’ebooks du même auteur(s) / Éditeur

706 631 Ebooks dans cette catégorie