आवर्धक लेंस
लोडर खोजें

Bernette Bergenthuin 
Die Lewe vir Beginners 

समर्थन
Adobe DRM
का आवरण Bernette Bergenthuin: Die Lewe vir Beginners (ePUB)
’n Storie van begin, weer begin en óórbegin … Carla Kasselman se lewe val uit mekaar nadat haar man reg in eie hande neem, ’n onnoembare daad pleeg en die skuld op haar pak. Hy neem alles van haar af weg, eers haar babaseuntjie, en daarna pers hy haar af om hul blonde krulkopdogtertjie af te teken. Lewensmoeg en sonder hoop vlug sy na Sannasklip, ’n eenvoudige Weskusdorpie waar die eksentrieke tante Doreen haar op haar voete help. Die lewe raak weer draaglik, en aangenaam voorspelbaar, totdat ’n weerbarstige grootwildjagter se Landie sonder brandstof voor haar voordeur gaan staan. Carla ontdek dat die lewe bestaan uit probeer en wéér probeer, en dat die liefde nie wag op ’n uitnodiging nie, maar hom ongenooid tuis maak wanneer hy so voel. Meer as twintig jaar later sien sy weer haar dogter, maar Mignon is gebroke, verslae en sonder ’n wil om voort te gaan. Carla bring haar saam Sannasklip toe, maar sal haar verhouding, en die dorp se kalm ekwilibrium Mignon se donkerte kan absorbeer? Hoe is dit dan dat sy nie die bedorwe, depressiewe entjie mens wat net soos sy lyk, herken nie? Skuldgevoelens en verwyte verteer ma en dogter en dreig om hulle te verswelg. Is daar lig aan die einde van die tonnel? Of dalk binne Sannasklip se vuurtoring waar die aantreklike besigheidsman, Bernard Bartman, besig is om ’n restaurantkoninkryk te vestig? Mignon ontdek dat sy meer is as die lappop wat haar pa geskep het en dat sy in staat is om lief te hê en liefgehê te word. Vergifnis word onvermydelik en die verlede se donker geheime verloor hul krag.
€12.48
भुगतान की विधि
भाषा अफ्रीकी ● स्वरूप EPUB ● पेज 304 ● ISBN 9780799395310 ● प्रकाशक LAPA Uitgewers ● प्रकाशित 2019 ● डाउनलोड करने योग्य 3 बार ● मुद्रा EUR ● आईडी 7082197 ● कॉपी सुरक्षा Adobe DRM
एक DRM सक्षम ईबुक रीडर की आवश्यकता है

एक ही लेखक से अधिक ईबुक / संपादक

259,378 इस श्रेणी में ईबुक