Kaca pembesar
Cari Loader

Riens Vosloo & Fanie Viljoen 
Piekfyn Afrikaans Graad 5 Huistaal Leesboek 

Dukung
Adobe DRM
Sampul Riens Vosloo & Fanie Viljoen: Piekfyn Afrikaans Graad 5 Huistaal Leesboek (ePUB)
’n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Huistaal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediêre Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir ’n Graad 5-leerder soos jy. Wanneer jy hierdie leesboek lees, gaan jy jouself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks.
Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is langer stories (uittreksels uit romans) en fotoverhale wat jou as jong leser nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of te dramatiseer.
Daar is ook heelwat inligtings-, sosiale- en mediatekste wat jou lus vir lees sal aanwakker. Jy sal lees oor allerlei temas waarvan jy dalk nog nie weet nie of vreemde plekke ontdek waarvan jy dalk nog nooit gehoor het nie. Jy gaan resensies en advertensies lees om jou taalkennis uit te brei.
Al hierdie lekker leeswerk gaan jou help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en jou taalbegrip bevorder.
Vir die klaskamer
Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien:
Vrae wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is oor die meeste tekste.
Toeligting by moeiliker tekste.
Woordverklarings vir komplekse woorde.
Die stappe van die leesproses.
€5.99
cara pembayaran

Tentang Penulis

Fanie Viljoen woon in Bloemfontein en skryf jeugromans en -dramas. Hy is ook ’n illustreerder en skilder graag. Hy het bekende romans soos Breinbliksem, Leeus met letsels en Onderwêreld geskryf. Verskeie van Fanie se radiodramas is al suksesvol uitgesaai.
Bahasa Afrikanas ● Format EPUB ● Halaman 136 ● ISBN 9781776071746 ● Ukuran file 5.4 MB ● Usia 17-12 tahun ● Penerbit Best Books ● Diterbitkan 2017 ● Edisi 1 ● Diunduh 24 bulan ● Mata uang EUR ● ID 5219280 ● Perlindungan salinan Adobe DRM
Membutuhkan pembaca ebook yang mampu DRM

Ebook lainnya dari penulis yang sama / Editor

20,269 Ebooks dalam kategori ini