Magnifying Glass
Search Loader

Ilse Salzwedel 
Van sprokie tot tragedie in die kollig 

Support
Adobe DRM
Cover of Ilse Salzwedel: Van sprokie tot tragedie in die kollig (ePUB)


Die tragedie wat op Valentynsdag 2013 Reeva Steenkamp se lewe kortgeknip en Oscar Pistorius se status as internasionale sportheld aan skerwe laat spat het, en die ongekende mediadekking van die sensasionele moordverhoor daarna, het verreikende gevolge op vele terreine gehad. Soos nog nooit tevore nie het die kollig geval op fasette wat ons lewens op talle terreine raak: die manier waarop regspleging in Suid-Afrika geskied; hoe sosiale en nuusmedia opinies genereer, beïnvloed en rapporteer; die publiek se obsessie met heldestatus; en die intriges wat van minnaars moordenaars maak. Vir hierdie boek het Ilse Salzwedel deur ‘n vloedgold menings gesif om sin te maak van die Oscar-saak. ‘n Fassinerende prentjie ontvou waarin sleutelaspekte ontleed word, soos die belang van forensiese besonderhede, die kundigheid van polisie- en regsbeamptes, die rol van die staat en die verdediging in die hof, die effek van mediadekking op die publiek se persepsies, en nog meer. In die toeganklike, nugtere en nie-sensasionele styl waarvoor dié gerespekteerde joernalis bekend is, vra die skrywer: watter lesse hou ‘n tragedie soos hierdie in vir vandag se samelewing?
€8.64
payment methods

About the author

Ilse Salzwedel is ‘n bekende vryskutjoernalis van Johannesburg, met jare se ervaring van die Suid-Afrikaanse media. Sy is aanbieder van Skrywers en boeke wat weekliks op RSG uitgesaai word. Sedert 2011 het sy vier boeke gepubliseer: Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee; Bloedsusters; Die onvertelde stories van Afrikaans en Selna Visser: my hel in Dubai. Sy het verskeie toekennings vir haar skryfwerk ontvang.
Language Afrikaans ● Format EPUB ● ISBN 9780143531562 ● File size 0.3 MB ● Publisher Penguin Random House South Africa ● Published 2014 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 3375648 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

5809 Ebooks in this category