Magnifying Glass
Search Loader

Jan Vermeulen 
Oopmond 

Support
Adobe DRM
Cover of Jan Vermeulen: Oopmond (ePUB)
Wenner van LAPA se jeugromankompetisie! Soms vind harte mekaar selfs oor eeue heen … Sewe maande ná haar hartoperasie begin Madelaine Taaibosch vermoed daar is iets verkeerd. Sy is seker die skenkerhart wat in haar borskas klop, is ’n gebroke hart. Die dokters verseker haar daar is niks met die hart verkeerd nie, maar sy begin vreemde dinge sien. Dinge uit die verlede. Dinge wat in die toekoms gaan gebeur. Dis wanneer Madelaine op haar antieke hemelbed lê dat die franssprekende Camille verskyn en sy in die verlede terugreis. Dis wanneer sy Koba word en verlief raak op Buks, wat sterf wanneer hy haar tydens die Anglo-Boereoorlog teen die Engelse beskerm; dis wanneer sy Madelaine Taillefert word en haar lewe nog eens deur haar beminde, Hildebrand von Solms, gered word …en dan is daar brand, die rekenaar- en geskiedenisboffin wat graag navorsing oor sy stamboom doen. hy vind uit buks was sy pa se oupagrootjie en dat hildebrand von solms ook een van sy voorvaders was. brand se oorlede meisie se hart klop nou in madelaine se bors …terwyl madelaine en brand die geheime van die verlede stadig maar seker ontrafel, is hulle gewikkel in ’n stryd teen tyd voordat die hart in madelaine se borskas ophou klop …hierdie asemrowende jeugroman deur die bekroonde skrywer jan vermeulen laat die grense tussen droom en werklikheid, hede en verlede meesterlik vervaag in ’n wegholrit van ’n liefdesverhaal wat jou meesleur tot op die laaste bladsy.
€10.14
payment methods
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 256 ● ISBN 9780799391053 ● Publisher LAPA Uitgewers ● Published 2018 ● Downloadable 3 times ● Currency EUR ● ID 7165122 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

91,350 Ebooks in this category