Magnifying Glass
Search Loader

Lukas Daniel ‘Niël’ Barnard 
Vreedsame revolusie 
Uit die enjinkamer van die onderhandelinge

Support
Adobe DRM
Cover of Lukas Daniel 'Niël' Barnard: Vreedsame revolusie (ePUB)
In die vroeë 1990’s is Suid-Afrika op ‘n mespunt. Nelson Mandela is uiteindelik vry, maar ‘n vreedsame politieke oorgang lyk byna onmoontlik. Links én regs staan gereed om die wapen op te neem. Te midde van dié dreigende geweld, met die land se toekoms op die spel, kom die grootliks onvoorbereide en koerslose NP-regering teen die ANC te staan by Kodesa. As hoof van die Nasionale Intelligensiediens (NI) is Niël Barnard sentraal tot dié onstuimige proses, wat telkens byna ontspoor. Barnard was daar die dag toe die altyd-kalm Nelson Mandela sy humeur verloor en teen FW de Klerk begin uitvaar. Hy het eerstehands beleef hoe die morele hoëgrond deur die NP se vingers glip en die ANC die oorhand kry. Dié boek verskaf Niël Barnard se indringende blik op dit wat agter die skerms afgespeel het by Kodesa. Hy onthul ook hoe vertrouensbande tussen die ANC en NI gesmee is tydens geheime ontmoetings in Europese hotelkamers, en skryf oor sy wedervaringe in Moskou saam met die Russiese KGB.
€15.99
payment methods

About the author

Tobie Wiese is ‘n gesoute joernalis en skrywer. Hy was onder meer al nuusredakteur van Huisgenoot, adjunkredakteur van Insig en drie jaar lank lektor in die Joernalistiekdepartement aan die Universiteit Stellenbosch. In sy laaste jare by Media24 was hy ‘n bestuurder van die maatskappy se Joernalistieke Akademie.
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 328 ● ISBN 9780624079750 ● File size 4.0 MB ● Publisher Tafelberg ● Published 2017 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 5203997 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

10,120 Ebooks in this category