Vergrootglas
Zoek lader

Fanie Viljoen 
Leeus met letsels (skooluitgawe) 

Ondersteuning
Adobe DRM
Hoes van Fanie Viljoen: Leeus met letsels (skooluitgawe) (ePUB)
Buyi voel soos ’n vreemdeling in London – die plek waar hy gebore is en grootgeword het.
Maar toe hy vir die soveelste keer moeilikheid by die skool optel, besluit sy ma hy moet by
sy pa, wat hy nog nooit geken het nie, in ’n wildreservaat in Suid-Afrika gaan bly. Maar ook hier voel hy nie tuis nie, veral omdat hy en sy bombastiese pa van dag een af nie oor die weg kom nie en die plek vol vreemde bedreigings is. Hy kom gou agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese diere nie, maar ook gevaar. ’n Mensvreter-leeu sluip in die wildreservaat rond opsoek na sy volgende prooi … Hoe gaan die avontuurlike André en saggeaarde Simoshile hom uiteindelik help om die letsels wat die leeu agterlaat, maar ook dié in sy hart, te verwerk?

Hierdie skooluitgawe van Leeus met letsels is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.humanrousseau.com.
€8.99
Betalingsmethoden

Over de auteur

Boeke wat reeds gepubliseer is: Klits Kronkel en die vlammende swaard (Tafelberg), Spookstories en ander gruwelike goed (H&R) Geraamte in die klas – MER-Prys vir kinderlektuur (H&R), Miserella (H&R). Vir sy boek Breinbliksem (Tafelberg) het hy goud gewen in die Sanlam Skryfkompetisie vir jeugverhale en vir Onderwêreld (Tafelberg) silwer die volgende jaar. Hy kry ook die MER-Prys vir jeugfiksie vir Breinbliksem (Tafelberg). Sy jongste titels is Kaptein Hamerkophaai (Tafelberg) en Grilbrigade (H&R).
Taal Afrikaans ● Formaat EPUB ● Pagina’s 192 ● ISBN 9780798165112 ● Bestandsgrootte 0.5 MB ● Leeftijd 17-14 jaar ● Uitgeverij Human & Rousseau ● Gepubliceerd 2013 ● Editie 1 ● Downloadbare 24 maanden ● Valuta EUR ● ID 4762713 ● Kopieerbeveiliging Adobe DRM
Vereist een DRM-compatibele e-boeklezer

Meer e-boeken van dezelfde auteur (s) / Editor

20.110 E-boeken in deze categorie