Vergrootglas
Zoek lader

Gerrie Radlof 
Die Buiter en sy Bende 

Ondersteuning

DIE BUITER EN SY BENDE – DIE BUITER REEKS




Lees gerus die opwindende verhale van ʼn man wat ’n merkwaardige dubbele lewe gelei het. Hy word die Buiter genoem. Mense sien hom as die rykste edelman aan die Kaap, die oënskynlik ledige en verveelde graaf Jean de Moreaux. Daar is ook die mooi Rossouw-susters, Jacques, Pierre, Phillip en sy getroue staatmaker, Andre. Hierdie paar getroue vriende wat sy identiteit ken en hom nooit sal verraai nie, ken hom as ʼn onverskrokke waaghals wat ’n onuitblusbare regverdigheidsin het. Die publiek sien die geheimsinnige Buiter as ’n hoflike, adellike en kleurryke nagtelike ruiter. Hy is galant en word gevrees deur skurke. Tussen die hoë adellike kringe word hy hoog geag weens sy geld en status.




In die nagtelike ure kom die Buiter uit die skaduwees. Dan het hy ’n swart gewaad en masker oor sy gesig. Op die rug van ’n swart trippelende hings is hy gewapen met ʼn swaard in sy hand, ’n vlymskerp rapier in die skede van sy saalsak en met sy twee pistole gereed in sy lyfband, is hy reg om enige gevaar aan te durf. As jy mooi kyk sal jy teen die hange van Leeuwberg ’n perd rats tussen bosse en struike deur sien vleg en soms meer as een, as die Buiter en sy bende uit is op jag. Hulle word nie gehoor nie en laat hulle ook nie keer nie. Die Buiter is sonder uitsondering op die toneel wanneer onreg gepleeg word en geen booswig ontsnap aan sy waaghalsige metodes van vergelding nie. Soos ʼn moderne Robin Hood beroof hy die oorryk, ydele hoëlui om aan die armes uit te deel of hulle bende gaan herstel onregte wat gepleeg is teenoor minderbevoorregtes.




Dit is die era waar die klap van flitsende swaarde, pistoolskote en die donderende hoewe van talle perde in die nag gereeld gehoor kan word. Waar die gemeenheid en woordelose wreedheid van skurke met hul pofmoue en fluweel kniebroeke gesien kan word. Dit is die tydperk waar die aristokrasie heers en doen net wat hulle wil, tog kom hulle uiterlik voor as galante, buigende here van die Kaap. Wie egter verdruk of veronreg word deur die aristokrasie, moet gehelp word, maak nie saak hoeveel slotte, soldate of klipmure daar in die Buiter se pad is nie. Saam met sy vriende sluip hulle gereeld diep in die nag deur donker gangetjies, uitoorlê en oorrompel saam wagte en stuur hulle selfs die ewigheid in, as die noodlot dit so beslis. Hulle nagtelike ritte is altyd vol opwindende aksie, avontuur en vele gevare en nie lank nie dan spat die vonke behoorlik.




In hierdie derde Buiter verhaal reeks, word die Buiter opgemerk in die donker strate van Kaapstad en die rede vir sy koms is nie moeilik om te raai nie. Dit is weens die ontevredenheid onder die burgers oor die wavragte geskenke waarmee die goewerneur die plunderende stamhoofde langs die Oosgrens wil paai. Die Buiter skaar hom aan die kant van die koloniste teen die goewerneur. Hy dring deur tot in die aaklige donker gat in die Kasteel, om sy getroue bediende van die pynbank te gaan red, maar gaan hy betyds opdaag?

€9.14
Betalingsmethoden
Taal Afrikaans ● Formaat EPUB ● Pagina’s 158 ● ISBN 9781928498735 ● Bestandsgrootte 0.9 MB ● Editor Pieter Haasbroek ● Uitgeverij Pieter Haasbroek ● Land GB ● Gepubliceerd 2021 ● Downloadbare 24 maanden ● Valuta EUR ● ID 8200556 ● Kopieerbeveiliging zonder

Meer e-boeken van dezelfde auteur (s) / Editor

81.295 E-boeken in deze categorie