Szkło powiększające
Search Loader

Renda De Waal 
Legkaart van die liefde 

Wsparcie
Adobe DRM
Pokrywa Renda De Waal: Legkaart van die liefde (ePUB)
Willa le Roux kan uit die staanspoor nie vir Deon Joubert miskyk nie. G’n mens kan nie: die gemaklikheid met sy eie lyf, die selfvertroue wat hy uitstraal. Boonop is die man slim, sjarmant en gevaarlik aantreklik. Hul paaie kruis – vir werk én plesier. Willa weet sy beweeg op gevaarlike terrein, maar sy moet darem genoeg stories bymekaarmaak om eendag haar kleindogter te vermaak. Net toe dinge behoorlik tussen hulle vlamvat en Willa uiteindelik gereed is om Deon met haar hart én haar lyf te vertrou, besluit iemand uit haar verlede om weer sy opwagting te maak. Dinge ontspoor uiteraard op ’n dramatiese wyse. Twee jaar later moet Willa en Deon mekaar weer in die oë kyk. Nou worstel albei met die vraag: Het daar genoeg tyd verloop om oor die liefdesteleurstelling te kom?
€4.99
Metody Płatności

O autorze

Renda de Waal is bevrees ’n leeftyd is nie genoeg vir al die boeke wat sy nog wil lees nie. Al is sy so lief vir woorde het sy Rekeningkunde doseer. Haar gesin is heel bo aan haar lys van belangrike dinge. Vir liefdesverhale het sy nog altyd ’n spesiale plekkie gehad. Legkaart van die liefde is haar eerste liefdesverhaal. Renda woon in Pretoria.
Język Afrikaans ● Format EPUB ● Strony 224 ● ISBN 9780624085775 ● Rozmiar pliku 0.4 MB ● Wydawca Tafelberg ● Opublikowany 2018 ● Ydanie 1 ● Do pobrania 24 miesięcy ● Waluta EUR ● ID 6418375 ● Ochrona przed kopiowaniem Adobe DRM
Wymaga czytnika ebooków obsługującego DRM

Więcej książek elektronicznych tego samego autora (ów) / Redaktor

709 561 Ebooki w tej kategorii