Lupa
Search Loader

Fanie Viljoen 
Piekfyn Afrikaans Graad 6 Leesboek 

Apoio
Adobe DRM
Capa do Fanie Viljoen: Piekfyn Afrikaans Graad 6 Leesboek (ePUB)
’n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Huistaal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediêre Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir ’n Graad 6-leerder soos jy. Wanneer jy hierdie leesboek lees, gaan jy jouself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks.
Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is langer stories (uittreksels uit romans) en fotoverhale wat jou as jong leser nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of te dramatiseer.
Daar is ook heelwat inligtings-, sosiale- en mediatekste wat jou lus vir lees sal aanwakker. Jy sal lees oor allerlei temas waarvan jy dalk nog nie weet nie of vreemde plekke ontdek waarvan jy dalk nog nooit gehoor het nie. Jy gaan resensies en advertensies lees om jou taalkennis uit te brei.
Al hierdie lekker leeswerk gaan jou help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en jou taalbegrip bevorder.
Vir die klaskamer
Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien:
• Vra wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is oor die meeste tekste.
• Toeligting by moeiliker tekste.
• Woordverklarings vir komplekse woorde.
• Die stappe van die leesproses.
KABV-geskik.
€5.99
Métodos de Pagamento

Sobre o autor

Fanie Viljoen woon in Bloemfontein en skryf jeugromans en dramas. Hy is ook ‘n illustreerder en skilder graag. Hy het bekende romans soos Breinbliksem, Leeus met letsels en Onderwêreld geskryf. Verskeie van Fanie se radiodramas is al suksesvol uitgesaai.
Língua Afrikaans ● Formato EPUB ● Páginas 182 ● ISBN 9781776071784 ● Tamanho do arquivo 8.2 MB ● Idade 17-12 anos ● Editora Best Books ● Publicado 2016 ● Edição 1 ● Carregável 24 meses ● Moeda EUR ● ID 5219282 ● Proteção contra cópia Adobe DRM
Requer um leitor de ebook capaz de DRM

Mais ebooks do mesmo autor(es) / Editor

20.085 Ebooks nesta categoria