Lupa
Search Loader

Marga Jonker 
Sonder Chocolate Charlie 

Apoio
Adobe DRM
Capa do Marga Jonker: Sonder Chocolate Charlie (ePUB)
Nell woon op die plaas Solitaire in die Sederberg saam met haar hele uitgebreide familie van perdemense wat ’n topperdestoet bedryf. Sy het ’n paar maande vantevore ’n aaklige ongeluk met haar perd, Chocolate Charlie, gehad en dié moes uitgesit word. Sy kan weens ’n harde val niks daarvan onthou nie, maar kry nagmerries en ervaar nou ’n vrees vir perde. Vir die Aprilskoolvakansie kom haar niggie Colette en twee vriendinne, Charni en Ateeya, plaas toe saam met hulle perde om te oefen vir ’n groot kompetisie. Colette se jonger broer, Hein, en Andrew, die seun van Solitaire se veearts, voltooi die jong groep. Nell se oupa het pas ’n palomino-ponie op ’n veiling gekoop, en dié sorg vir ’n hele intrige. Ten slotte is die groep jong mense deel van ’n verfilming wat plaasvind in die aanliggende natuurreservaat; dis vir ’n TV-program oor navorsing oor Kaapse luiperds. Daar is ’n dramatiese luiperdaanval, en Nell kan uiteindelik die legkaartstukke pas van wat met Charlie se dood gebeur het.
€7.99
Métodos de Pagamento

Sobre o autor

Marga Jonker kom oorspronklik van Stompneusbaai aan die Weskus. Sy matrikuleer op Vredenburg en daarna kwalifiseer sy haar as onderwyseres. Rondom 2000 verskyn haar verhaal Die onskadelike reënspinnekop in die tydskrif Baba & Kleuter. In 2009 word twee van haar verse opgeneem in Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg). In 2010 verskyn haar geillustreerde kinderboek, Wat is jy, Kartoffel? by Lapa. In 2012 ontvang hierdie boek die Namibiese Kinderboekforum se toekenning vir die beste boek in die kategorie geïllustreerde kinderboeke. In 2011 word haar gedig ‘Slegs Bekendes’ opgeneem in Toulopers, uitgegee deur Lapa. Tans woon sy in Durbanville, waar sy deeltyds Xhosa onderrig by Durbanville Voorbereidingskool. Sý is die klashanswors, reken sy.
Língua Afrikaans ● Formato EPUB ● Páginas 144 ● ISBN 9780624058762 ● Tamanho do arquivo 0.5 MB ● Idade 17-12 anos ● Editora Tafelberg ● Publicado 2012 ● Edição 1 ● Carregável 24 meses ● Moeda EUR ● ID 4534248 ● Proteção contra cópia Adobe DRM
Requer um leitor de ebook capaz de DRM

Mais ebooks do mesmo autor(es) / Editor

54.705 Ebooks nesta categoria