Lupa
Search Loader

Meiring Fouche 
Heks van die Sahara 

Apoio

HEKS VAN DIE SAHARA – SAHARA AVONTUUR REEKS




Die boek handel oor Teuns Stegmann, ‘n Suid Afrikaner, wat aangesluit het by die Franse Vreemdelegioen in die Sahara woestyn, om so die dood van sy broer te probeer wreek, wie se vegvliegtuig afgeskiet is in die Sahara woestyn, gedurende die Tweede Wêreldoorlog.




Sy verhaal begin waar ’n manskap van die Vreemdelegioen ’n aanval deur Arabiere in die woestyn oorleef. Hy praat van ’n wit vrou wat blykbaar die aanvoerder van die aanval op die Franse patrollie was.




Kolonel Le Clerq van fort Dini Salam besluit om dadelik iets daaraan te doen. Hy stuur toe sy getroue kaptein D’Arlan saam met tweehonderd man, waaronder Teuns en sy makkers val, om die sogenaamde wit heks se mag in die Atlasgebergte te gaan breek, voor sy te veel Franse bloed op haar hande het.




Baie gou beland die patrollie egter in ernstige moeilikheid. Hulle word vasgekeer deur die Doelaks in die woestyn, sonder ’n druppel water om te drink. Asof dit nie erg genoeg is nie, moet hulle later in ’n radioaktiewe Uraanmyn gaan werk. Af en toe word van die manne daar gestuur na die Berg van die Arende toe…




Gaan Teuns se vindingrykheid saam met D’Arlan wat beskou word as die Houdini van die woestyn, hulle uit die penarie red? Lees gerus die opwindende verhaal en vind self uit.

€6.39
Métodos de Pagamento
Língua Afrikaans ● Formato EPUB ● Páginas 180 ● ISBN 9781928498001 ● Tamanho do arquivo 0.6 MB ● Editor Pieter Haasbroek ● Editora Pieter Haasbroek ● País GB ● Publicado 2022 ● Carregável 24 meses ● Moeda EUR ● ID 7735719 ● Proteção contra cópia sem

Mais ebooks do mesmo autor(es) / Editor

706.631 Ebooks nesta categoria