Lupă
Încărcător de căutare

Nelia Engelbrecht 
Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe) 

Ajutor
Adobe DRM
Copertina de Nelia Engelbrecht: Dieter en Madame Zenobia (skooluitgawe) (ePUB)
Dieter en Krynauw, twee graadneges, beland in die kloue van Madame Zenobia toe hulle op eie houtjie begin ondersoek instel na die vlaag diefstalle in die skool – hulle is veral bekommerd oor hulle rugbybeker wat verdwyn het. Maar Zaanlie en haar vriendinne is ook op die spoor van die dief en eintlik meer in die pad as van hulp. Uiteindelik slaag hulle tog daarin om die problem op te los, maar nie voordat hulle angswekkende oomblikke beleef en amper vir Sydney, Dieter se babaskilpadjie, moet opoffer nie. Lekker skerp dialoog, humor en spanning.

Hierdie skooluitgawe van Dieter en Madame Zenobia is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.humanrousseau.com.
€8.49
Metode de plata

Despre autor

Nelia is op Klerksdorp gebore en getoë. Deur die jare het sy vir verskeie publikasies as joernalis gewerk en talle artikels en berigte gepubliseer. In 1994 begin sy fiksie skryf. Sy het tot dusver ongeveer 65 kortverhale in verskeie vrouetydskrifte en kortverhaalbundels gepubliseer. Sy het ook ’n aantal kompetisies gewen. Hierdie is haar tweede kinderboek by Human & Rousseu. Haar eerste boek was: Alicia en die Zitzappers.
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 128 ● ISBN 9780798165136 ● Mărime fișier 0.4 MB ● Vârstă 17-14 ani ● Editura Human & Rousseau ● Publicat 2009 ● Ediție 1 ● Descărcabil 24 luni ● Valută EUR ● ID 4743225 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM

Mai multe cărți electronice de la același autor (i) / Editor

20.328 Ebooks din această categorie