Lupă
Încărcător de căutare

Piekfyn Afrikaans Graad 6 Huistaal Leerderboek 

Ajutor
Adobe DRM
Copertina de Piekfyn Afrikaans Graad 6 Huistaal Leerderboek (ePUB)
Piekfyn Afrikaans Graad 6 is gemik op leerders wat Afrikaans as Huistaal neem. Dit bevat interessante leerstof en volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat die leerders opdoen, hulle ervaringswêreld verryk en hul sodoende deeglik voorberei vir Graad 7.
Die aktiwiteite is gerig op die verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, taalspeletjies, stories, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is leerders se voorland. Leerders word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en hulle word uitgedaag om Afrikaanse taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, in ’n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids berei leerders vir enige soort taak voor. Dan is daar boonop die Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Graad 6 Huistaal om leerders se leesvaardighede te ontwikkel en ’n liefde vir lees te kweek.
Geniet ’n piekfyn leerervaring!
KABV-geskik.
€5.99
Metode de plata

Despre autor

Rina Lamprecht is ‘n oudonderwyseres en samesteller en outeur van Afrikaanse handboeke en taaltekste. Sy is veral bekend as samesteller van die Piekfyn Afrikaans Huistaal-reeks vir Graad 4-9.
Limba Africană ● Format EPUB ● Pagini 296 ● ISBN 9781776071807 ● Mărime fișier 12.3 MB ● Vârstă 17-12 ani ● Editura Best Books ● Publicat 2016 ● Ediție 1 ● Descărcabil 24 luni ● Valută EUR ● ID 5219283 ● Protecție împotriva copiilor Adobe DRM
Necesită un cititor de ebook capabil de DRM

20.085 Ebooks din această categorie