лупа
Search Loader

Reney Warrington 
Smit Motors 

поддержка
Adobe DRM
Обложка Reney Warrington: Smit Motors (ePUB)
Jou buurman dink hy besit die polisie… Petra Smit erf onverwags haar oupa se ou werkswinkel in »n klein Vrystaatse dorpie. Daar is gelukkig kopers wat tou staan vir die gebou maar Petra gaan — heel nuuskierig — kyk na hierdie eiendom waarvan sy nie glad nie geweet het nie. Daar aangekom ontdek sy die erf vol motorwrakke wat aan die plaaslike slagter behoort. Dié einste slagter is ook die buurman — hy is ’n vroueslaner en hy skeep sy seun Monty af — maar hy het kontant en staan gereed om Smit Motors te koop. Petra wat baie lief was vir haar oupa wil nie die erflating aan so ’n persoon verkoop nie en ’n mini-oorlog breek uit. Dinge word nog moeiliker toe Arno — ’n reus van ’n man met die psige van ’n kind — aan haar deur kom klop. Hy wil help. Die reus maak homself tuis en word vriende met die slagter se seun Monty. Petra hoort nie in hierdie dorp nie. Sy mis haar mooi meisie en die roman wat sy wil skryf bly tweede kom in die oorlog met die slagter. Die slagter hoort wel op die dorp. Hy ken die polisie en intimideer almal. Sal die vreemde Petra en haar twee nuwe maats Arno en Monty die oorlog kan wen? Die boek word uit verskeie perspektiewe vertel. Petra is een perspektiefkarakter so ook is die Johanna Monty se oppasser. Aan die ander kant van die wêreld bly Susan — »n kunstenaar — vasgevang in »n luukse Sweedse kunstepark. Nog ’n perspektiefkarakter. Wat het hierdie vroue met mekaar in gemeen? Hoe bind Smit Motors hulle almal? Smit Motors is toeganklike literêre fiksie. Réney Warrington slaag daarin om die spanning snaarstyf te hou terwyl die leser die speurwerk moet doen wetende dat iemand se bloed sal moet vloei. Die vraag is — Wie s’n?
€13.88
Способы оплаты
язык африкаанс ● Формат EPUB ● страницы 260 ● ISBN 9780799394573 ● издатель LAPA Uitgewers ● опубликованный 2018 ● Загружаемые 3 раз ● валюта EUR ● Код товара 7011258 ● Защита от копирования Adobe DRM
Требуется устройство для чтения электронных книг с поддержкой DRM

Больше книг от того же автора (ов) / редактор

258 443 Электронные книги в этой категории