Förstoringsglas
Sök Loader

Meiring Fouche 
Die Fort is Stil 

Stöd

DIE FORT IS STIL – SAHARA AVONTUUR REEKS




Teuns Stegman, Fritz Mundt en Jack Ritchie raak in ’n kroeggeveg betrokke met Arabiere. Vir hulle straf word hulle tydelik verplaas na een van die ander Franse forte in die Sahara woestyn – Fort Laval. Toe die afloskolonne by Fort Laval opdaag, besef hulle gou dat daar ’n groot skroef los is. Die afloskolonne word egter gou oorrompel deur Brigitte Bonnet. Sy wil weerwraak neem vir die dood van haar suster en wil nou die hele Vreemdelegioen vernietig. Die dertig manskappe word opgesluit in die fort se slaapsaal. Dan hoor hulle iemand wat so aaklig skreeu van pyn dat dit koue rillings deur hulle stuur. Kort daarna word die lyk van die manskap uitgedra deur rampokkers wat rubber handskoene dra. Hulle verneem dan van Brigitte Bonnet dat sy ’n hoogs geheime wapen het, wat se uitwerking sy wil uittoets op die legioensoldate.




 Die geluksgodin is teen Teuns Stegmann en hy word gekies as die volgende proefkonyn vir die wrede eksperiment. Nie lank daarna nie sien hulle deur die slaapsaal se vensters hoe sy lyk ook uitgedra word. Fritz Mundt en Jack Ritchie probeer om te ontsnap en word doodgeskiet, so word hulle vertel. Dan begin daar snaakse dinge gebeur in die fort. Die perde, muile en kamele waarmee die rampokkers opgedaag het, verdwyn spoorloos. Die volgende dag word die marconis en ’n soldaat op die borswering van die fort dood aangetref. Asof dit nie erg genoeg is nie, begin die vasgekeerde manne in die slaapsaal snaakse geluide hoor wat vanaf die vloer onder hulle kom, in morsekode.




 Brigitte Bonnet laat die plek twee maal behoorlik omkeer op soek na die skuldiges, maar vind elke keer niks nie. Professor Benesj daag die volgende dag op in ’n groot vragvliegtuig saam met nog meer soldate, om die geheime en dodelike wapen se impak op die soldate te kom voltooi. Byna dood van honger en dors wag die moedelose Vreemdelegioensoldate dat hulle na die woestyn geneem moet word, om daar aan die geheime wapen blootgestel te word. Maar net toe die finale verrigtinge ’n aanvang neem, bars die duiwel behoorlik los in Fort Laval en die een skok volg op die ander…

€6.39
Betalningsmetoder
Språk Afrikaans ● Formatera EPUB ● Sidor 153 ● ISBN 9781928498049 ● Filstorlek 0.6 MB ● Redaktör Pieter Haasbroek ● Utgivare Pieter Haasbroek ● Land GB ● Publicerad 2022 ● Nedladdningsbara 24 månader ● Valuta EUR ● ID 7735722 ● Kopieringsskydd utan

Fler e-böcker från samma författare (r) / Redaktör

706 631 E-böcker i denna kategori