Büyüteç
Arama Yükleyici

Die nuwe Afrikaanse prosaboek 

Destek
Adobe DRM
Örtmek Die nuwe Afrikaanse prosaboek (ePUB)
Die nuwe Afrikaanse prosaboek is ’n viering van verskeidenheid. Dit bied ’n verruimende, vars blik op die Afrikaanse kortverhaal met sowel klassieke verhale deur welbekende skrywers asook voorheen ongepubliseerde verhale deur nuwe stemme. Jan Rabie, wat in die laat-1950’s die kontoere van die literêre landskap verlê het met sy soms absurde, soms filosofiese, soms politieke “prosas”, dien as inspirasie. Met Rabie-verhale as invalshoek is hierdie ’n bloemlesing van eggo’s, spore en teenspraak in die werk van die wyd uiteenlopende skrywers wat hom opgevolg het. Die bundel bevat 149 verhale deur 57 skrywers. Vyftien van hierdie verhale is deur nuwe stemme: Sisca Julius, Lynthia Julius, Brian Fredericks, Madré Marais, Maruanda Wynne en Michèle Meyer. Daar is ook nuwe verhale wat nog nie voorheen elders verskyn het nie deur onder andere, Ronelda S. Kamfer, Gerda Taljaard, Chase Rhys, Zirk van den Berg, Christine Barkhuizen-le Roux, Jolyn Phillips, Jaco Fouché en Kirby van der Merwe.
€14.99
Ödeme metodları

Yazar hakkında

Steward van Wyk is professor aan die Universiteit van Wes-Kaapland waar hy Afrikaanse letterkunde doseer. Hy doen navorsing oor die werk van Adam Small en vergelykende studies van die postkoloniale letterkundes in Afrikaans en Nederlands. Hy is die samesteller van `n keur uit die werk van Small getitel Kô lat ons sing.
Dil Afrikaans ● Biçim EPUB ● Sayfalar 627 ● ISBN 9780798178099 ● Dosya boyutu 2.5 MB ● Yayımcı Human & Rousseau ● Yayınlanan 2019 ● Baskı 1 ● İndirilebilir 24 aylar ● Döviz EUR ● Kimlik 7260882 ● Kopya koruma Adobe DRM
DRM özellikli bir e-kitap okuyucu gerektirir

707.168 Bu kategorideki e-kitaplar