Büyüteç
Arama Yükleyici

Etienne Van Heerden 
Die biblioteek aan die einde van die wêreld 

Destek
Adobe DRM
Örtmek Etienne Van Heerden: Die biblioteek aan die einde van die wêreld (ePUB)
Prokureur Ian Brand stuur ’n ondeurdagte twiet die kuberruim in en sy lewe word oornag pure hel. Thuli Khumalo, studenteaktivis op ‘n kampus wat stink na petrol en traangas, moet kies tussen vaderverraad of haar beginsels versaak. Snaar Windvogel, vroeër van Matjiesfontein, is nou in transisie onder die lem van ’n enigmatiese plastiese chirurg. En al hoe gereelder slaan ’n kruisboogmoordenaar in die Moederstad toe . . . Hierdie en vele ander fassinerende karakters bevolk ’n landskap waarin die enigste sekerheid ónsekerheid is. Want Etienne van Heerden se tergend aktuele nuwe roman sê veel oor die tyd waarin ons lewe, waar privaatheid en identiteit abstrakte begrippe geword het, fopnuus ononderskeibaar van die werklikheid, en “die waarheid” klaarblyklik ’n onhaalbare ideaal.
€16.99
Ödeme metodları

Yazar hakkında

Etienne van Heerden is professor emeritus aan die Universiteit van Kaapstad en stigter-redakteur van Lit Net, wat Lit Net Akademies insluit. Hy woon op Stellenbosch.
Dil Afrikaans ● Biçim EPUB ● Sayfalar 640 ● ISBN 9780624089223 ● Dosya boyutu 2.4 MB ● Yayımcı Queillerie ● Yayınlanan 2019 ● Baskı 1 ● İndirilebilir 24 aylar ● Döviz EUR ● Kimlik 7260881 ● Kopya koruma Adobe DRM
DRM özellikli bir e-kitap okuyucu gerektirir

Aynı yazardan daha fazla e-kitap / Editör

709.561 Bu kategorideki e-kitaplar