Büyüteç
Arama Yükleyici

Marion Erskine 
Vlerke vir almal 

Destek
Adobe DRM
Örtmek Marion Erskine: Vlerke vir almal (ePUB)
Karlien draai haar handpalms na onder en kruis haar duime oor mekaar. Dan begin sy die gefladder van ’n skoenlapper naboots. Ek staar na haar. Skielik is Karlien vir my die mooiste meisie wat ek in my hele lewe gesien het.
Ons al vier staan in ’n sirkel en doen die skoenlapper-ding. Stadig.
Diskreet. Ek sien in my geestesoog hoe leerders oor die hele wêreld saamstaan en mekaar teen boelies ondersteun.
Nou verstaan ek waarom Nicola altyd so aangegaan het oor hierdie insek. Die skoenlapper is ’n simbool van hoop, van lewe. Ek besef nou meer as ooit hoe verskriklik baie ek haar mis.

Sewentienjarige Dewald se ouers stuur hom na ‘n nuwe skool ná sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en dis nie maklik om ‘n tiener te wees met ‘n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind; om sin te maak van hoekom sy beste vriendin hom nooit ingesluit het in haar grootste besluit nie. Dit terwyl hy reeds ‘n vyand gemaak het van een van die grootste boelies in die skool.
€8.99
Ödeme metodları

Yazar hakkında

Marion Erskine is op Randfontein gebore. Hy het as onderwyser gewerk in Suid-Afrika en ook in Taiwan, waar hy vir 6 jaar Engels gegee het vir Taiwannese studente. In hierdie tydperk skryf hy Oos, wat ’n finalis word in die ‘Ek is ‘n skrywer!’-kompetisie. Hy publiseer ook ‘n chiclit verhaal, Donatello en Volksie, in 2010. Hy is ook die skepper van die gewilde Facebook-groep: ‘Lekkerlees Boekrak’. Hy woon tans in die Verenigde Arabiese Emirate, waar hy werk as ‘n adviseur-onderwyser in ‘n nasionale skoolreformasie-projek en elke geleentheid gebruik om die wêreld te verken.
Dil Afrikaans ● Biçim EPUB ● Sayfalar 160 ● ISBN 9780798174527 ● Dosya boyutu 0.5 MB ● Yaş 17-16 yıl ● Yayımcı Human & Rousseau ● Yayınlanan 2017 ● Baskı 1 ● İndirilebilir 24 aylar ● Döviz EUR ● Kimlik 5205491 ● Kopya koruma Adobe DRM
DRM özellikli bir e-kitap okuyucu gerektirir

Aynı yazardan daha fazla e-kitap / Editör

20.110 Bu kategorideki e-kitaplar