Збільшувальне скло
Пошук навантажувача

Helene De Kock 
Die kind uit die wingerd 

Підтримка
Adobe DRM
Обкладинка Helene De Kock: Die kind uit die wingerd (ePUB)
Een Sondagmiddag in die herfs van 1918 kom ’n driejarige uit Vredenhoek se wingerd die Erasmus-familie se binnekring ingestap. Niemand herken hom nie. Die kind kan self nie sê waar hy vandaan kom nie. En dié wat weet, wil nie praat nie. So bly dit vir twintig jaar lank. Altyddeur smag Laurens Erasmus om te weet wie hy werklik is. Want hoe kan mens iemand wees as jy nie weet waar jy vandaan kom nie? Nie eers die buurdogter Carijn den Hagen, wat daardie eerste dag in die wingerd haar hand na hom uitgesteek het, kan hom help nie. Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog verander alles. Dit gooi lewens omver. Vir sommige beteken dit die einde. Vir ander maak dit deure oop.
€14.99
методи оплати

Про автора

Helene de Kock het aan die Rand grootgeword, aan die Universiteite van Pretoria en Noordwes gestudeer, en aan verskeie konservatoria onderrig in sang ontvang. Helene het ’n Ph D in skryfkuns en is ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Sy skryf voltyds en woon in Pretoria. Daar het reeds talle romans uit haar pen verskyn.
Мова Африкаанс ● Формат EPUB ● Сторінки 368 ● ISBN 9780798179102 ● Розмір файлу 0.5 MB ● Видавець Human & Rousseau ● Опубліковано 2019 ● Видання 1 ● Завантажувані 24 місяців ● Валюта EUR ● Посвідчення особи 7072617 ● Захист від копіювання Adobe DRM
Потрібен читач електронних книг, що підтримує DRM

Більше електронних книг того самого автора / Редактор

709 561 Електронні книги в цій категорі