Kính lúp
Trình tải tìm kiếm

Barry Hough 
Vlerkdans (skooluitgawe) 

Ủng hộ
Adobe DRM
Bìa của Barry Hough: Vlerkdans (skooluitgawe) (ePUB)
Hannes lewe vir kuns, Anton vir dans. Maar dan vind Anton uit hy het Vigs. In ’n laaste poging om Anton se lewe te vier, probeer Hannes sy vriend in ’n skildery in die middel van ’n hoë sprong vasvang: soos ’n feniks wat verrys uit die as. Vlerkdans is bekroon met ’n Goue Sanlam-prys vir Jeuglektuur en ’n ATKV-kinderboektoekenning (13-15 jaar).

Hierdie skooluitgawe van Vlerkdans is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.
€7.99
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

Barrie Michael Hough is op 17 Januarie 1953 in Johannesburg gebore. Hy matrikuleer in 1970 aan die Hoër Seunskool Helpmekaar en studeer B.A. Kommunikasiekunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit. In 1980 behaal hy ’n M.A.-graad in Engels met ’n tesis oor die dramaturg Athol Fugard. Hy hou vir vier jaar skool by St. Barnabas College en is in 1979 voltyds as toneelresensent by Beeld aangestel. Later jare is hy op die kunsredaksie van Rapport, waar hy oor flieks, teater en letterkunde skryf, en in 1999 is hy as kunsredakteur aangestel.

In 1986 debuteer Barrie met die jeugboek, My kat word herfs, wat ’n finalis in die Sanlam-jeugverhaalwedstryd is. Sy tweede jeugboek, Droomwa (1990), verower drie pryse: Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer), Alba Bouwer-prys en C.P. Hoogenhout-toekenning. Barrie ontvang daarna nog twee keer die Sanlam-prys vir jeuglektuur (goud), vir Vlerkdans (1992) en Skilpoppe (1998). Skilpoppe is ook die wenner van die M.E.R.-Prys. Breek, wat hy saam met Lizz Meiring geskryf het, is Barrie se laaste jeugroman. Dit het eers as toneelstuk by die KKNK en Aardklop-kunstefeeste in 2001 op die planke verskyn. Kort hierna is die toneelstuk tot roman verwerk.
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 89 ● ISBN 9780624065883 ● Kích thước tập tin 0.3 MB ● Tuổi tác 17-15 năm ● Nhà xuất bản Tafelberg ● Được phát hành 1992 ● Phiên bản 1 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 4534545 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

20.085 Ebooks trong thể loại này