Kính lúp
Trình tải tìm kiếm

Wllem Krog 
Alleen Onder Die Maan 

Ủng hộ
Nadat die ekonomie amper in duie stort, word die Suid-Afrikaanse regering gedwing om die land met ‘n buitelandse rekenaarstelsel te regeer. Die rekenaarstelsel werk op kunsmatige intelligensie en reguleer feitlik elke aspek van mense se lewens. Selfs hofsake word deur ‘n rekenaar behartig.
In hierdie distopiese wêreld is alles afhanklik van jou SOMSS-telling (System of Moral and Social Suitability). Dit bepaal waar jy mag woon, watter kos jy by People Eats mag bestel en hoe gereeld jy met People Move mag ry. Responsible Citizenship Learning, ‘n verpligte SOMMS-module, leer jou die land se geskiedenis en wat dit verg om ‘n goeie burger te wees.
Alleen Onder die Maan vertel die verhaal van Jaco, ‘n 80-jarige individualis wat krities is oor hierdie totalitêre bestel, en sy seun, Pieter, wat as sy beroep rekenaarspeletjies toets en nie besef hoe die stelsel persoonlike vryheid bedreig nie.
Die boek het twee verhaallyne: Jaco se aangrypende herinneringe aan sy grootwordjare op ‘n Vrystaatse plaas. Die tweede verhaallyn volg pa en seun op ‘n laaste besoek aan die plaas buite Kroonstad in die huidige era waar alle plase gekonfiskeer en in megaplase omskep is en robotte en geoutomatiseerde voertuie al die werk doen.
In ‘n roerende beskrywing, vertel Jaco hoe sy broers die maanlanding van 1969 op die plaas nagemaak het. Hy glo egter die tegnologiese ontwikkelinge wat op die maanlanding gevolg het, het die mens laat glo hy is god en het hierdie nuwe wêreld geskep.
Pieter is weer krities oor sy pa se generasie omdat hulle nooit opgestaan het teen apartheid nie, maar die ironie is dat hy nie besef hy leef in ‘n ewe totalitêre wêreld nie.
Die verhaal tree nie net in gesprek met die Suid-Afrikaanse politiek nie, maar ook met die politiek van Afrikaans-wees.
€10.49
phương thức thanh toán

Giới thiệu về tác giả

WILLEM KROG is ’n skrywer en ’n digter wat in Johannesburg as prokureur praktiseer. Hy het ’n meestersgraad in grondwetlike reg.
Sy eerste publikasie was die regsboek Constitutional Practice and Cases. Hy debuteer in 2011 met die fiksiewerk Jacobus terwyl sy eerste bundel poësie, Assignaat, in 2014 deur Hond Uitgewers gepubliseer is.
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng EPUB ● Trang 224 ● ISBN 9781776190126 ● Kích thước tập tin 0.6 MB ● Nhà xuất bản Jonathan Ball ● Thành phố London ● Quốc gia GB ● Được phát hành 2020 ● Có thể tải xuống 24 tháng ● Tiền tệ EUR ● TÔI 7385331 ● Sao chép bảo vệ DRM xã hội

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

706.631 Ebooks trong thể loại này