放大镜
搜索加载器

Bettie Naudé 
Saartjie Omnibus 4 

支持
Adobe DRM
的封面 Bettie Naudé: Saartjie Omnibus 4 (ePUB)
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit.
In Saartjie se skatte sorg spoke en skatte dat Saartjie weereens Lynnekom se heldin word. Sy en Galpil gaan ’n weddenskap aan om te sien wie is bang vir spoke en wie nie.
In Saartjie se kliek ontdek Saartjie ’n boek oor ’n groep meisies in Engeland wat ’n kliek gevorm het en besluit summier die Drie Muskiete moet ’n ander naam en nuwe doelstellings kry.
In Saartjie se kêrel lees Saartjie ’n artikel oor hipnose en besluit dadelik om Anna en Lina as proefkonyne te gebruik. Maar soos gewoonlik verloop dinge nie heeltemal soos beplan nie.
Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.
€8.49
支付方式

关于作者

Bettie Naudé (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie- en Saartjie-reekse het ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 432 ● ISBN 9780798170383 ● 文件大小 0.6 MB ● 年龄 17-12 年份 ● 出版者 Human & Rousseau ● 发布时间 2015 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 4743312 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

54,705 此类电子书