放大镜
搜索加载器

Jy maak my gelukkig RomanzaLiefde Bundel 

支持
Adobe DRM
的封面 Jy maak my gelukkig RomanzaLiefde Bundel (ePUB)
Geluk maak jou mooier … Agt novelles met sprokiesmooi-eindes om te help! Roekelose harte – Marilinda Murray: Adele is op vakansie om van haar eks te vergeet. Nie ’n plaasvervanger vir hom te kry nie. Maar een kyk in Lance se broeiende blou oë en haar hart vat vlam. Toe-oë afspraak – Madelie Human: Die skrywer JJ Jooste se suster stel vir hom ’n assistent sonder sy medewete aan. Eers wil hy niks van dié afspraak weet nie maar Martinet mag dalk net die vrou van sy drome wees. Legkaart van die hart – Ildé Grové: Helene moet Lientjie Swart word vir haar eie veiligheid. Sy moet haar familie werk en vriende verlaat – vir hul veiligheid. Gun die noodlot haar egter ’n beskermengel in die vorm van Theuns Krige? ’n Wye wye horison – Madeleine Malherbe: Stella herstel by die gastehuis Paradys ná die ontnugtering van haar huwelik. Chris kom ondersoek daar naby ’n vliegtuigongeluk en leer haar weer vertrou. Maar dan daag haar eksman op … Gelykbreek-liefde – Ernalize du Toit: Behati draai om en sien ’n man net binne die deur. Dit is onmoontlik om hom mis te kyk en die geur van sy naskeermiddel tref haar onmiddellik. Dit is asof die volle prentjie haar in 4D oorrompel. ’n Verraderlike rukbeweging ontsnap uit haar bors. Bie op haar hart – Antoinette Venter: Met ’n ontwikkelende sangloopbaan en om haar beste vriendin se sopkombuis te ondersteun het Mika min tyd vir iets anders. Beslis nie tyd vir die skilderydief -Jean-Pierre – wat met die sopkombuis wil help nie. Tog ignoreer haar hart haar prioriteite maar ’n ander vrou besit reeds Jean-Pierre se hart. ’n Liefdeskeuse – Malene Breytenbach: Mona woon die skryfskool by om weer haar skryfvaardighede op te knap. Liefde is die laaste ding op haar prioriteitslys. Maar die misdaadskrywer – Winston Webb – trek haar aan en stoot haar weer weg. Waarom voel dit asof haar held twee verskillende persone is? Beter vir haar hart – Jessica Venter: Richard het jare gelede Melanie se hart gebreek. Maar selfs met ’n gebreekte hart was sy steeds lief vir hom. Nou is hy terug en sy voel weer die vrees dat hy nie haar liefde sal beantwoord nie.
€7.48
支付方式
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 448 ● ISBN 9780799394603 ● 出版者 LAPA Uitgewers ● 发布时间 2019 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 7011359 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

259,378 此类电子书