放大镜
搜索加载器

Albert Blake 
Broedertwis 
Bittereinder en joiner: Christiaan en Piet de Wet

支持
Een oorlog, twee broers, een tragiese twis – die verskriklikste Afrikanerbroedertwis ooit. Meer as ‘n honderd jaar ná die laaste skote in die Anglo-Boereoorlog geklap het, word genl. Christiaan de Wet steeds bewonder as onverbiddelike bittereinder, die held wat tot die einde toe volhard het. Sy jonger broer, Piet, word onthou as die joiner wat die wapen teen sy eie mense opgeneem het. In Broedertwis klim Albert Blake as’t ware in dié twee broers se koppe. Hy probeer verstaan waarom hulle lynreg in stryd met mekaar gekom het. Watter rol het geloofsoortuigings, elkeen se eiesoortige karakter, hul vroue en ook oorlogtrauma in hul keuses gespeel? Teenoor die vurige en waaghalsige Christiaan staan sy temperamentele, andersdenkende jonger broer, Piet. Die een ‘n spreekwoordelike valk, die ander ‘n duif. Wie was reg? Christiaan, wat ten alle koste die vryheidstryd wou voer, of Piet, wat die einde aan die smart en lyding van die oorlog wou bring?
€13.99
支付方式

关于作者

Albert Blake is die skrywer van die topverkoper Boereverraaier wat in die rolprent Verraaiers omskep is. In 2014 ontvang hy die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Louis Hiemstra-prys vir niefiksie vir Boerekryger: ‘n Seun se hoogste offer. Hy matrikuleer aan Grey-kollege in Bloemfontein waarna hy militêre opleiding aan die Valskermbataljon ondergaan. Blake is ‘n praktiserende prokureur in Roodepoort.
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 384 ● ISBN 9780624075189 ● 文件大小 4.0 MB ● 出版者 Tafelberg ● 发布时间 2016 ● 版 1 ● 下载 24 个月 ● 货币 EUR ● ID 5505990 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

213,860 此类电子书