عدسة مكبرة
بحث محمل

Albert Blake 
Afrikaner-Sondebok? 
Die lewe van Hans van Rensburg, Ossewabrandwag-leier

الدعم
In die vroeë 1940’s het die charismatiese Hans van Rensburg duisende volgelinge na die Ossewabrandwag gelok en die regering van Jan Smuts gekonfronteer oor sy deelname aan die Tweede Wêreldoorlog. Onder sy leierskap word etlike sabotasiedade deur die Stormjaers en Terreurgroep, die OB se militêre vleuels, gepleeg. Van Rensburg het ook in die geheim kontak met die Duitse regering gemaak.
Teen 1940 was Van Rensburg egter nog deel van die regering: As die jongste sekretaris van justisie ooit en administrateur van ‘n provinsie is hy as ‘n goue seun van die politiek beskou. Waarom was hy só vurig oor die ideaal van ‘n onafhanklike republiek dat hy dit alles prysgegee het en ‘n koers ingeslaan het wat uiteindelik van hom ‘n verstoteling sou maak?
Van Rensburg word dikwels as ‘n verbete Afrikanerfascis beskryf, maar die werklikheid is meer kompleks. In hierdie biografie belig Albert Blake die vele kante van ‘n man wat nie net bekend was as regsgeleerde, filosoof en taalkundige nie, maar ook as uitstaande militaris en wildjagter.
Op die hoogtepunt van sy gewildheid kon geen ander Afrikanerleier by die begaafde Van Rensburg kers vashou nie. Blake ondersoek waarom hy uiteindelik egter die stryd om die hart van die Afrikaner sou verloor.
€10.99
طرق الدفع

عن المؤلف

Albert Blake is ʼn navorsingsgenoot verbonde aan die departement geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat.
لغة الأفريكانية ● شكل EPUB ● صفحات 352 ● ISBN 9781776190874 ● حجم الملف 5.2 MB ● الناشر Jonathan Ball ● مدينة London ● بلد GB ● نشرت 2021 ● للتحميل 24 الشهور ● دقة EUR ● هوية شخصية 7895050 ● حماية النسخ DRM الاجتماعية

المزيد من الكتب الإلكترونية من نفس المؤلف (المؤلفين) / محرر

4٬283 كتب إلكترونية في هذه الفئة