عدسة مكبرة
بحث محمل

Christine le Roux 
Christine le Roux Omnibus 6 

الدعم
Die sesde omnibus van een van ons gewildste liefdesverhaalskrywers sluit een van haar heel bekoorlikste verhale in:

Die glasappel is ’n heerlike roman waarin humor en eksentrisiteit sjarmant verweef is, en waarin ons vir ’n verandering na die liefde deur die man se oë kyk. Die suksesvolle argitek Theo Senekal was tot dusver nog nooit sonder ’n mooi meisie aan sy sy nie, maar nou is daar ’n verstrooide meisie wat dink hy is ’n messelaar en wat hom heeltemal deurmekaar maak.

In die tweede verhaal, Die blou uur, besef die speurverhaalskrywer Klarissa du Toit dat haar man se werk as kriminoloog besig is om ’n wig tussen hulle in te dryf, en sy vertrek na Skotland om oor haar toekoms te dink.

In Die groen maan gaan dit oor die probleem waarvoor so baie mense te staan kom: of hulle met hul hart of hul kop moet besluit oor die liefde.
€12.99
طرق الدفع

عن المؤلف

Christine le Roux is die skuilnaam van die bekende skrywer Eleanor Baker. Ander Christine le Roux-boeke wat by Human & Rousseau verskyn het, sluit in: Die glasappel; Kwessie van tegniek; Bewys van liefde; Die blou uur; Geskenk uit die hemel en Tweede beste.
لغة الأفريكانية ● شكل EPUB ● صفحات 480 ● ISBN 9780798166119 ● حجم الملف 0.6 MB ● الناشر Human & Rousseau ● نشرت 2014 ● الإصدار 1 ● للتحميل 24 الشهور ● دقة EUR ● هوية شخصية 4769790 ● حماية النسخ Adobe DRM
يتطلب قارئ الكتاب الاليكتروني قادرة DRM

المزيد من الكتب الإلكترونية من نفس المؤلف (المؤلفين) / محرر

257٬870 كتب إلكترونية في هذه الفئة