عدسة مكبرة
بحث محمل

Deon Meyer 
Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale 

الدعم
Deon Meyer se Bottervisse in die jêm was só gewild dat dit keer op keer herdruk is. Hier is dié lekkerleesverhale nou in ’n splinternuwe, hersiene gedaante. Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale sluit boonop vyf verhale in wat nog nooit voorheen gebundel is nie, onder meer die titelverhaal wat oorsprong gegee het aan die gelyknamige trefferfilm. In hierdie versameling ontlok elke storie ’n gevoel van deernis met die karakters, of ’n uitbundige skaterlag. Die romantiek, hoewel onkonvensioneel, is sterk aanwesig, en soos verwag kan word van Suid-Afrika se internasionaal gevierde misdaadskrywer bly spanning en intrige ook nie agterweë nie! Van eerste tot laaste verhaal krul die leser se tone van pure leesplesier.
€15.99
طرق الدفع

عن المؤلف

Deon Meyer, ’n oud-joernalis en reklameman, is ook bekend as internet-strateeg. Deesdae is hy voltyds skrywer en hy woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit in elf romans (Wie met vuur speel, 1994, Feniks, 1996, Orion, 2000, Proteus, 2002, Infanta, 2004, Onsigbaar, 2007, 13 Uur, 2008, Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, Kobra, 2013 en Ikarus, 2015). Drie daarvan – Orion, Proteus en Infanta – is met die ATKV-prosaprys bekroon, terwyl hy in 2008, 2009, 2012 en 2014 die ATKV se Prys vir Spanningslektuur ontvang het vir, onderskeidelik, Onsigbaar, 13 Uur, 7 Dae en Kobra.
لغة الأفريكانية ● شكل EPUB ● صفحات 336 ● ISBN 9780798169479 ● حجم الملف 1.3 MB ● الناشر Human & Rousseau ● نشرت 2015 ● الإصدار 1 ● للتحميل 24 الشهور ● دقة EUR ● هوية شخصية 5454966 ● حماية النسخ Adobe DRM
يتطلب قارئ الكتاب الاليكتروني قادرة DRM

المزيد من الكتب الإلكترونية من نفس المؤلف (المؤلفين) / محرر

699٬325 كتب إلكترونية في هذه الفئة