عدسة مكبرة
بحث محمل

Jackie Grobler 
Oor Berge en Dale 
Op Reis met ‘n Monumentjagter

الدعم
Daar is nie ‘n plaasdraad te hoog, grondpad te sinkplaat of aanwysings te gebrekkig om die geskiedkundige Jackie Grobler te keer nie. Wanneer hy ‘n monument in sy visier het, sal hy dit vind. In hierdie boek reis hy oor berge en dale deur die vlaktes van die binneland tot by die voetheuwels van die Drakensberge op soek na meer as 400 interessante gedenkplekke. Van die monumente is bekend en vertel van groot keerpunte in ons geskiedenis. Ander is weggesteek en onthul minder bekende aspekte van die verlede. Grobler reis onder meer op die spoor van die Voortrekker Louis Tregardt deur Limpopo en in Kwa Zulu-Natal besoek hy slagvelde van die Anglo-Zoeloeoorlog en struggle-gedenkplekke. In Gauteng vind hy monumente ter ere van twee van Suid-Afrika se grootste leiers: Nelson Mandela en Jan Smuts. Sy reise na die Oos-Kaap neem hom na gedenkplekke vir Steve Biko en in die Wes-Kaap gaan hy op die spoor van die Portugese ontdekkingsreisigers.
€9.99
طرق الدفع

عن المؤلف

JACKIE GROBLER is die skrywer van die topverkoper The War Reporter, wat reeds agt keer herdruk is, asook die Afrikaanse vertaling, Oorlog-Beeld (2014). Voor sy aftrede in 2016 was Grobler vir bykans vier dekades ’n dosent in geskiedenis en in erfenis- en kultuurtoerisme aan die Universiteit van Pretoria.
Dertien boeke oor uiteenlopende onderwerpe het al uit sy pen verskyn. Grobler is ’n aktiewe lid van verskeie organisasies, waaronder die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en ’n direksielid van die Voortrekkermonument-maatskappy.
لغة الأفريكانية ● شكل EPUB ● صفحات 288 ● ISBN 9781868427857 ● حجم الملف 10.0 MB ● الناشر Jonathan Ball ● مدينة London ● بلد GB ● نشرت 2017 ● للتحميل 24 الشهور ● دقة EUR ● هوية شخصية 5394032 ● حماية النسخ DRM الاجتماعية

المزيد من الكتب الإلكترونية من نفس المؤلف (المؤلفين) / محرر

457 كتب إلكترونية في هذه الفئة