عدسة مكبرة
بحث محمل

Wilhelm Verwoerd 
Bloedbande 
‘n Donker tuiskoms

الدعم
Adobe DRM
غلاف Wilhelm Verwoerd: Bloedbande (ePUB)
Ná jare van versoeningswerk tussen eertydse vyande in Ierland keer Wilhelm Verwoerd terug na Suid-Afrika. Hy wil vrede maak met sy eie familie en sy geskiedenis. In die Verwoerd-strandhuis, Blaas ‘n Bietjie, waar hy sit en skryf, hang ‘n gesinsfoto waarop sy oupa, HF Verwoerd, hom as baba teer vashou. Hoe versoen hy dié menslike oupa met die gehate onderdrukker wat in die stories van sy swart bure en kennisse na vore kom, mense wat as kinders in die strate gedans het toe sy oupa vermoor is? In sy soektog na begrip kom Wilhelm op ouma Betsie Verwoerd se private dagboeke af en voer hy soms ongemaklike gesprekke met mense wat sy van as vloekwoord onthou. So ontvou ‘n geskakeerde blik op wat dit beteken om vandag met integriteit in Suid-Afrika te leef.
€14.99
طرق الدفع

عن المؤلف

Wilhelm Verwoerd is die kleinseun van HF Verwoerd. Sy ontnugtering met apartheid lei tot sy vervreemding van die familie, veral toe hy aansluit by die ANC en by die WVK inval as navorser. Hy werk in Ierland met versoening tussen voormalige vyande en staan tans aan die hoof van die Eenheid vir Praktiese Teologie by die Universiteit Stellenbosch.
لغة الأفريكانية ● شكل EPUB ● صفحات 304 ● ISBN 9780624085188 ● حجم الملف 6.1 MB ● الناشر Tafelberg ● نشرت 2018 ● الإصدار 1 ● للتحميل 24 الشهور ● دقة EUR ● هوية شخصية 6416933 ● حماية النسخ Adobe DRM
يتطلب قارئ الكتاب الاليكتروني قادرة DRM

المزيد من الكتب الإلكترونية من نفس المؤلف (المؤلفين) / محرر

8٬481 كتب إلكترونية في هذه الفئة