Lupe
Suche

Autor: Anemari Jansen

Support
In 2011 het Anemari Jansen onverwags die kans gekry om Eugene de Kock in die tronk te gaan ontmoet. Sy was dadelik gefassineer deur die man „met die sagte stem“, die voormalige bevelvoerder van Vlakplaas wat algemeen as Prime Evil bekend staan. Sy het De Kock se vertroue gewen en haar vir die volgende drie jaar deur niks laat stuit nie om alles oor hom uit te vind: sy het Vlakplaas besoek, tientalle onderhoude met sy oud-Koevoet- en Vlakplaaskollegas gevoer en hom Sondag na Sondag in die ou Pretoria-Sentraal gaan besoek. Sy moes net weet: Hoe het dit gebeur dat De Kock sulke wrede dinge kon doen? Haar soeke na antwoorde het haar na alle uithoeke van die land geneem en sou haar lewe onherroeplik verander. Jansen se debuutroman, Glipstroom, het in 2014 by Tafelberg verskyn. Sy het „n M.A. in Afrikaans van die destydse R.A.U. en „n B.A. (HOD) van die Universiteit Pretoria. Sy skryf sedert 2012 artikels vir die aanlynpolisietydskrif e Nongqai.




4 Ebooks von Anemari Jansen

Anemari Jansen: Eugene de Kock: Sluipmoordenaar van die staat
Eugene de Kock het die bloed van tientalle mense aan sy hande. Vir die meeste Suid-Afrikaners is hy die ‚monster‘ van Vlakplaas. Tog was Anemari Jansen gefassineer toe sy hom in 2011 vir die eerste …
EPUB
Afrikaans
DRM
€15.99
Anemari Jansen: Eugene de Kock: Assassin for the State
Eugene de Kock has the blood of dozens of people on his hands. To most South Africans he is the monster from Vlakplaas. Nonetheless, Anemari Jansen was intrigued by him when she met him in 2011 in …
EPUB
Englisch
DRM
€15.99
Anemari Jansen: Glipstroom
Maja moet probeer aanpas by die lewe in ’n padkamp in die Caprivi ná haar man, ’n ingenieur, daarheen verplaas word. Hul verhouding word vertroebel deur Louis se onvermoë om sy weermagervarings te …
EPUB
Afrikaans
DRM
€13.99
Stefaans Coetzee & Anemari Jansen: Suiker Britz
Toe die legendariese Suiker Britz homself in 2018 om die lewe gebring het, het die einde van ’n era aangebreek – ’n tydvak waarin ouskool-polisiemanne se reputasie gebou was op ongelooflike suksesse …
EPUB
Afrikaans
DRM
€10.64