Lupe
Suche

Autor: Gideon Joubert

Support
Gideon Joubert is in 1923 op Stellenbosch gebore. Hy matrikuleer aan Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch. Hy behaal „n BA-graad aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy begin sy loopbaan as joernalis in 1949 by Die Burger. In 1951 sluit hy by die Suid-Afrikaanse Vloot aan. Gideon is een van die stigters van die Vlootgimnasium op Saldanha, en hy was ook die stigter van Suid-Afrika se eerste Duikskool. Ná 16 jaar het hy met die rang Kommandeur uitgetree en het hy tot met sy aftrede by Die Burger gaan werk. In sy loopbaan as koerantskrywer het Joubert dikwels vir die gewone leser oor wetenskaplike ontdekkings geskryf. Sy belangstelling in die sterrekunde is gevoed deur wye leeswerk en deeglike navorsing sodat hy op hoogte kon bly van die nuutste ontdekkings. In 1997 verskyn sy boek Die groot gedagte. Dié boek was „n groot sukses en is met die Insig-prys vir niefiksie en die Andrew Murray-prys bekroon. Joubert is in 2010 oorlede in Somerset Wes op ouderdom 87.




1 Ebooks von Gideon Joubert

Gideon Joubert: Die groot gedagte
Hier staan ek in ’n heelal van dooie atome. Ook in my liggaam is nie ’n enkele lewende atoom nie. Maar ek lewe. Wat is lewe? Waar kom dit vandaan en hoe het dit ontstaan? En waar pas God in? Die …
EPUB
Afrikaans
DRM
€15.99