Lupe
Suche

Ingrid Winterbach 
Vlakwater 

Support
Adobe DRM
Cover von Ingrid Winterbach: Vlakwater (ePUB)
’n Buitengewone avontuur – iets verrrassends en nuut in Winterbach se oeuvre. – Thys Human
Die middag kry Niek ’n poskaart in sy posbus. Dis ’n afbeelding van El Greco se skildery van Vincenzo Anastagi. Die boodskap agterop lui: Enige ekstra eksemplare van Vlakwater? V.S. V.S., nè?! Dit kan net Viktor Schoeman wees. ’n Suid-Afrikaanse posseël. Hier gepos dus. Dit voorspel niks goeds nie.
Ná die verbrokkeling van sy verhouding vestig die kunstenaar Niek Steyn hom in Kaapstad. Wanneer een van Marthinus Scheepers se varke in Niek se tuin beland, raak hulle bevriend. Charelle Koopman, ’n belowende fotografiestudent wat by Niek loseer, verdwyn eendag sonder waarskuwing, en ’n welaf kunstenaar maak ’n verdagte aanbod op Niek se huis.
Op Stellenbosch skryf ’n vrou met ’n haaslip ’n monografie oor die videokuns van die Olivier-broers, en word op ’n dag ooggetuie van ’n moord. Kort hierna nader ’n holwangkêrel met ’n maniese blik in sy oë haar met ’n vreemde voorstel . . .
€14.99
Zahlungsmethoden

Über den Autor

Ingrid Winterbach is ʼn veel-bekroonde skrywer. Sy het al meermale die Hertzogprys, die M-Net-prys en die UJ-prys ontvang. Winterbach se romans het al in Nederland, Frankryk en Amerika verskyn. Sy woon in Stellenbosch en is ook ʼn beeldende kunstenaar.
Sprache Afrikaans ● Format EPUB ● ISBN 9780798170482 ● Dateigröße 0.5 MB ● Verlag Human & Rousseau ● Erscheinungsjahr 2015 ● Ausgabe 1 ● herunterladbar 24 Monate ● Währung EUR ● ID 4738047 ● Kopierschutz Adobe DRM
erfordert DRM-fähige Lesetechnologie

Ebooks vom selben Autor / Herausgeber

106.732 Ebooks in dieser Kategorie