Lupe
Suche

Autor: Julian Jansen

Support
JULIAN JANSEN is oorspronklik van Lusikisiki in die Oos-Kaap en het in die Strand in die Wes-Kaap grootgeword. Hy is „n oudonderwyser en het agtien jaar lank Aardrykskunde en Geskiedenis aan twee Helderbergse skole onderrig. Daar het hy „n positiewe verandering in „stout“ leerlinge se gesindheid bewerkstellig deur hulle op berguitstappies liggaamlik en geestelik uit te daag. Die afgelope tien jaar is hy „n verslaggewer in die Sondagkoerant Rapport se Kaapstadse kantoor – met „n kort onderbreking in 2009 toe hy die Wes-Kaapse LUR vir Gemeenskapsveiligheid se woordvoerder en toespraakskrywer was. In 2010 kry hy eervolle vermelding in die Mondi Shanduka-pryse se afdeling vir harde nuus. Dit was vir sy deel in „n span wat berig het oor die moord op die Britse bruid Anni Hindocha en die aanklagte teen haar man, Shrien Dewani. In 2013 ontvang hy Rapport se Spesiale Redakteursprys vir sy beriggewing. Hy fokus meestal op misdaadberiggewing, maar geniet dit ook om stories te skryf oor die triomf van die menslike gees oor teëspoed asook oor gewone mense wat ongewone dinge doen.




4 Ebooks von Julian Jansen

Julian Jansen: Die De Zalze-moorde
Die Van Breda’s was die perfekte gesin. Skatryk, suksesvol en geliefd. In ’n luukse landgoed buite Stellenbosch lei hulle oënskynlik ’n droomlewe. Tot alles oornag verander. Die grumoorde op Martin, …
EPUB
Afrikaans
DRM
€11.99
Julian Jansen: The De Zalze Murders
The Van Bredas were the perfect family. Wealthy, successful and well-liked. In a luxury estate just outside Stellenbosch they lived what seemed like a dream life. But everything changed overnight. …
EPUB
Englisch
DRM
€11.99
Julian Jansen: Moord op Stellenbosch
Opspraakwekkende moorde uit die mooie Stellenbosch het die land oor die afgelope twee dekades geskok. Die gesoute joernalis Julian Jansen praat met familie en vriende van die slagoffers, kry toegang …
EPUB
Afrikaans
DRM
€11.99
Julian Jansen: Stellenbosch: Murder Town
In Stellenbosch: Murder Town author and journalist Julian Jansen goes behind the headlines. With unprecedented access to police files and hours spent hours talking to victims’ friends and relatives, …
EPUB
Englisch
DRM
€11.99