Lupe
Suche

Schalk Schoombie 
Tot die dood ons skei 
Mans wat hul vroue vermoor

Support
Adobe DRM
Cover von Schalk Schoombie: Tot die dood ons skei (ePUB)
Wat dryf iemand om sy vrou of lewensmaat te vermoor? Hoe is dit moontlik dat ons, ná meer as ’n eeu van vroueregte, steeds daagliks hoor van skynbaar doodgewone mans wat hul vroue aanrand, vermink en vermoor? Bekende joernalis en skrywer Schalk Schoombie kyk indringend na die verskynsel van ‚intieme vrouemoord‘, iets wat in Suid-Afrika krisis-afmetings aanneem. Aan die hand van talle gevallestudies maak hy skokkende bevindings, waaronder dat jy nooit te oud is om deur jou man aangerand of vermoor te word nie, en dat nie eers swangerskap vrouemoord verhoed nie. Enigiets, selfs skroewedraaiers, word as moordwapen gebruik, en vrouelyke word selfs in vate en tasse versteek. Tot die dood ons skei is ’n skokkende oopvlek van ’n misdaad wat skrikwekkend algemeen geword het.
€12.99
Zahlungsmethoden

Über den Autor

Schalk Schoombie is gebore in Pretoria en het grootgeword in Kempton Park. Ná sy dramastudies aan die Universiteit van Pretoria was hy akteur, kunsresensent, en redakteur van De Kat. As vryskutjoernalis skryf hy vir Insig, Rooi Rose, Sarie en Rapport. Hy is bekroon met ’n Mondi (1994), ’n ATKV-Mediaveertjie (2009), ’n Anglo Gold Ashanti-Smeltkroesprys (2012), en ’n Spesiale Toekenning vir Besondere Kultuurprestasie deur die FAK. Hy het reeds nege toneelstukke geskryf. Schoombie se debuutroman, Boomkastele (2015), is ook deur Human & Rousseau gepubliseer en is in 2016 genomineer vir die ATKV-prosaprys en die Jan Rabie/Rapportprys. Hy woon in Alberton met sy gesin en drie Jack Russells.
Sprache Afrikaans ● Format EPUB ● Seiten 248 ● ISBN 9780798172912 ● Dateigröße 1.8 MB ● Verlag Human & Rousseau ● Erscheinungsjahr 2018 ● Ausgabe 1 ● herunterladbar 24 Monate ● Währung EUR ● ID 5605291 ● Kopierschutz Adobe DRM
erfordert DRM-fähige Lesetechnologie

Ebooks vom selben Autor / Herausgeber

138.670 Ebooks in dieser Kategorie