Lupa
Cargador

Deon Meyer 
Spoor 

Soporte
Op ’n verlate grondpad in Limpopo druk hulle twee kilogram se vlekvrye staal – die reuse Smith & Wesson Model 500 – teen Lemmer die lyfwag se kop en vra: “Waar is dit?”Hy weet nie. Hulle belieg en bedrieg hom, steel sy Glock, die een met sy vingerafdrukke daarop. Hulle ken hom nie; hulle gaan betaal.Hulle gaan ’n spoor trap wat wyd sal loop:’n Bloedspoor deur die eerste dossier van Mat Joubert, deesdae privaat ondersoeker, wat moet soek na Danie Flint, ’n “goeie man” wat reg langs die Table View-polisiestasie verdwyn het.’n Geweldspoor deur die bestaan van Milla Strachan, verloopte huisvrou, eers so salig onbewus van die newelwêreld van georganiseerde misdaad en terrorisme om haar.’n Doodspoor, van die Chizarira tot by die Kaapse Waterfront. En aan die einde daarvan sal niemand meer dieselfde wees nie.Vermaak uit die boonste rakke deur Suid-Afrika se spanningsverhaalkoning, veelbekroonde skrywer Deon Meyer.
€15.99
Métodos de pago
Idioma Africaans ● Formato EPUB ● Páginas 544 ● ISBN 9780798157469 ● Tamaño de archivo 1.0 MB ● Editorial Human & Rousseau ● Publicado 2012 ● Edición 1 ● Descargable 24 meses ● Divisa EUR ● ID 4743057 ● Protección de copia Adobe DRM
Requiere lector de ebook con capacidad DRM

Más ebooks del mismo autor / Editor

106.214 Ebooks en esta categoría