Lupa
Cargador

Etienne van Heerden 
Toorberg 

Soporte
Adobe DRM
Portada de Etienne van Heerden: Toorberg (ePUB)
In die wilde nagte of bedags as die son bloed uit ’n klip wil trek en ’n mens se gedagtes koorsig maal – dan loop waarheid en verdigsel, geskiedenis en toekoms, lewe en dood deurmekaar op Toorberg, erfgrond van die Moolmans.

Hiermee moet die magistraat rekening hou wanneer hy die dood kom ondersoek van klein Noag, ’n kind van die weemoed, wat nie heeltemal van dié aarde was nie. En daagliks kring die saak uit, verdiep dit totdat dit selfs die wese van die regspraak uitdaag. Daar word van die magistraat verwag om oor ’n hele stam te oordeel, oor die lewendes en die dodes. Hy moet elkeen se skuld bepaal en daarom almal se “sondes oopkrap”.

Maar die Moolmans is ’n familie wat “van die oerdae vir hul eie sondes leer sorg het”. Ouers sny kinders uit hul lewens, stoot hulle opsy as Stief-Moolmans-“weggooivelle” in die Stiefveld, of stedelinge wie se name nie meer oor hulle lippe kom nie. Die Moolmans vergewe nie. Nie as hul stambloed verraai word nie.
€14.99
Métodos de pago

Sobre el autor

Etienne Roché van Heerden is op 3 Desember 1954 in Johannesburg gebore. Hy word groot in die Oos-Kaap en Stellenbosch waar hy aan Paul Roos Gimnasium matrikuleer. Ná ’n jaar in die Suid-Afrikaanse vloot studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade B.A. (Regte), LL.B. en honneurs (cum laude) in Afrikaans en Nederlands, ’n meestersgraad aan die Universiteit van die Witwatersrand en ’n Ph.D. aan Rhodes Universiteit. Hy werk onder meer as prokureur, in die reklamebedryf en daarna ook as dosent aan die Universiteit van Zoeloeland en Rhodes Universiteit Etienne debuteer in 1978 met die jeugroman Matoli, en as digter in 1981 (saam met André le Roux du Toit, Peter Snyders en Daniel Hugo) met Brekfis met vier. Hy ontvang die Eugène Marais-prys in 1984 vir sy kortverhaalbundel, My Kubaan. In 1986 verskyn sy roman, Toorberg, wat met die Hertzog-, CAN-, AKTV-, en WA Hofmeyr-prys bekroon word. Hy word daarna ook bekend vir romans soos Die stoetmeester (1993), Die swye van Mario Salviati (2000), In stede van die liefde (2005) en 30 nagte in Amsterdam (2008). Vir laasgenoemde het Van Heerden onder meer die Hertzog-prys ontvang. Hy is die afgelope twee dekades reeds betrokke by die doseer van letterkunde, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk. Tans is hy professor verbonde aan die Universiteit van Kaapstad waar hy benewens kreatiewe skryfwerk-begeleiding ook gemoeid is met die doseer van literêre teorie, mediastudies en Suid-Afrikaanse en Nederlandse letterkunde.
Idioma Africaans ● Formato EPUB ● Páginas 221 ● ISBN 9780624068785 ● Tamaño de archivo 1.8 MB ● Editorial Tafelberg ● Publicado 2014 ● Edición 1 ● Descargable 24 meses ● Divisa EUR ● ID 4534764 ● Protección de copia Adobe DRM
Requiere lector de ebook con capacidad DRM

Más ebooks del mismo autor / Editor

701.765 Ebooks en esta categoría