Lupa
Cargador

Kobus Galloway 
Idees Vol Vrees Volume 2 

Soporte
Kobus Galloway se Idees Vol Vrees-tekenprente is nou nóg meer bekend as wat dit ’n jaar gelede was: sy aanhangers op Facebook het verdubbel tot meer as 50?000, en die eerste IVV-boek was ’n enorme sukses. Hierdie ongewone, spitsvondige en grappige Afrikaanse tekenprente, wat gewoonlik gepaard gaan met dubbelsinnige eenreël-woordspelings, is ’n groot gunsteling onder Suid-Afrikaners. Wonderlik vir die klaskamer, om braaipraatjies aan die gang te kry of selfs die koffietafel! Idees Vol Vrees Volume 2 bevat meer as 150 tekenprente, waaronder die gewildstes (dié waarvan Facebook-gebruikers die meeste hou), en meer as 100 nuwe tekenprente wat nog nêrens anders verskyn het nie. Dit is ’n moet-hê vir die tienduisende bestaande bewonderaars, en sal ongetwyfeld ’n hele klomp nuwes lok. As ’n bonus het ons ook 50 van Kobus se oorspronklike eenreël-woordspelinggrappies by IVV Volume 2 ingesluit wat jou sal laat skaterlag en vra na meer.
€4.99
Métodos de pago
Idioma Africaans ● Formato PDF ● Páginas 162 ● ISBN 9781770225121 ● Editorial Penguin Random House South Africa ● Publicado 2012 ● Descargable 6 veces ● Divisa EUR ● ID 2575732 ● Protección de copia Adobe DRM
Requiere lector de ebook con capacidad DRM

Más ebooks del mismo autor / Editor

4.417.607 Ebooks en esta categoría