Lupa
Cargador

Kobus Galloway 
Net die oortjies van die seekoei 
en ander Afrikaanse idiome

Soporte
As jy mooi daaraan dink, maak idiome van elke Afrikaansspreker ’n digter. Die beeldspraak, vergelykings en metafore wat in idiomatiese uitdrukkings vervat is, verander ons alledaagse gesprekke en skryfwerk in iets ver bo die gewone.Kobus Galloway se grappige volblad-illustrasies help jong taalgebruikers om die idiomeskat van Afrikaans vas te lê sodat dit met gemak en plesier gebruik kan word. Volwasse lesers verkneukel hulle nie net in die vernuf waarmee die skepper van Idees vol vrees woord en beeld teenoor mekaar afspeel nie; die genot om ou segswyses aan die vergetelheid te ontruk, steek vure van nostalgie vir toeka se tye opnuut aan die brand.Soos in hierdie boek se voorganger, ’n Wolf in skaapsklere, word die idiome van kort betekenisverklarings voorsien, en die kleurvolle illustrasies word agterin deur ’n lys met nóg idiome en uiteensettings aangevul.Wees gewaarsku: Lesers van alle ouderdomme sal Net die oortjies van die seekoei met moeite neersit.
€4.98
Métodos de pago
Idioma Africaans ● Formato EPUB ● Páginas 176 ● ISBN 9781776093083 ● Editorial Penguin Random House South Africa ● Publicado 2018 ● Descargable 3 veces ● Divisa EUR ● ID 6213288 ● Protección de copia Adobe DRM
Requiere lector de ebook con capacidad DRM

Más ebooks del mismo autor / Editor

9.906 Ebooks en esta categoría