Lupa
Cargador

Malene Breytenbach 
My redder, my beminde 

Soporte
Die beeldskone Adela Morgan staan aan die begin van ‘n belowende loopbaan as aktrise in Brittanje, maar dan gebeur iets wat haar toekoms kan kelder. Haar mede-akteur ry byna ‘n ruiter raak en bots sy sportmotor, met Adela in die passasiersitplek, teen ‘n boom. Adela is beseer en het ’n diep sny oor haar wang wat sekerlik ‘n letsel sal laat.
Dan stel die ongedeerde ruiter homself as dokter James Beresford, ‘n plastiese chirurg, voor. Hy bied aan om haar gesig by sy kliniek te behandel sodat die sny daarna byna onsigbaar sal wees. Adela voel veilig by die lang donkerkopman wat boonop, soos sy, ‘n immigrant van Suid-Afrika is.
Maar by die luukse kliniek kry Adela te doen met katterige vrouens wat om James se aandag meeding. En wanneer Adela ongewenste media-belangstelling na die kliniek trek, lyk dit asof dinge nooit tussen haar en James sal werk nie. Die dokter is gesteld op privaatheid, maar enigeen wat by Adela betrokke raak, sal gereed moet wees vir ‘n lewe in die kollig.
€4.99
Métodos de pago

Sobre el autor

Dr Malene Breytenbach het drie meestersgrade asook ʼn doktorsgraad in joernalistiek. Sy en haar man woon op Stellenbosch. Malene skryf sedert 2009 heeltyds en het verskeie liefdesverhale op haar kerfstok, sowel as die gewilde romans Gister is ʼn ver land, Pluimprinse en Bloedgrond.
Idioma Africaans ● Formato EPUB ● ISBN 9780624074625 ● Tamaño de archivo 0.7 MB ● Editorial Tafelberg ● Publicado 2015 ● Edición 1 ● Descargable 24 meses ● Divisa EUR ● ID 4631772 ● Protección de copia Adobe DRM
Requiere lector de ebook con capacidad DRM

Más ebooks del mismo autor / Editor

699.325 Ebooks en esta categoría