Lupa
Cargador

Zirk Van den Berg 
Die vertes in 

Soporte
Adobe DRM
Portada de Zirk Van den Berg: Die vertes in (ePUB)
Duits Suidwes-Afrika, 1905. Die tengerige Siegfried Bock kom na die kolonie om te bewys dat hy ook ’n man van durf is. Maar dit duur nie lank voordat hy ontnugter word deur die effek van die Duitse uitwissingsbevel teen die Herero’s en die onderdrukking van die Namas nie. Lisbeth Löwenstein, ʼn arm Jodin, moet met ’n Duitse setlaar trou wat sy skaars ken. Toe hy van sy perd af val en sterf, kies sy om saam met die Nama-werkers van sy plaas af te vlug. Mordegai Guruseb, ’n Damara-man, ontsnap uit ’n konsentrasiekamp waar Herero’s besig is om van ontbering te sterf. Maar kort voor lank kom sy vryheid weer in gedrang. Dan is daar ook die mislukte dokter Albert Pitzer wie se pseudowetenskap ontluister word deur Alvaus Luipert, ’n skoolmeester en Nama-leier wat teen die koloniale bestel in opstand kom. Dié vyf se lot vervleg op spannende wyse in die ongerepte landskap van Duits Suidwes-Afrika en stuur af op ’n dénouement wat hul menslikheid tot die uiterste sal beproef.
€13.99
Métodos de pago

Sobre el autor

Zirk van den Berg is in Namibië gebore, het grootgeword in Suid-Afrika, en woon deesdae in Nieu-Seeland. Hy debuteer met ’n kortverhaalbundel, Ekstra dun vir meer gevoel, en daarna verskyn ’n roman, Wydsbeen. Nobody Dies is sy eerste Engelse roman, vertaal as ’n Ander mens. Halfpad een ding en Half of One Thing verskyn saam in 2014.
Idioma Africaans ● Formato EPUB ● Páginas 304 ● ISBN 9780795708831 ● Tamaño de archivo 0.4 MB ● Editorial Kwela ● Publicado 2018 ● Edición 1 ● Descargable 24 meses ● Divisa EUR ● ID 6467835 ● Protección de copia Adobe DRM
Requiere lector de ebook con capacidad DRM

Más ebooks del mismo autor / Editor

697.340 Ebooks en esta categoría