Loupe
Search Loader

De Wet Potgieter 
Kwart voor ’n bloedbad 

Support
Adobe DRM
Couverture du De Wet Potgieter: Kwart voor ’n bloedbad (ePUB)
“Is this the beginning of bloodshed, or the end? So het Pretoria News berig oor die dramatiese gebeure op Vrydag 11 Maart 1994 toe chaos in Mmabatho losgebars het wat skokgolwe deur die wêreld gestuur. Deur die jare het hardnekkige gerugte bly lewe dat Eugene Terre’Blanche en die AWB in der waarheid ’n bondgenoot van die De Klerk-regering was. Daar word beweer dat die AWB se gewapende invallers wat verantwoordelik was vir die chaos wat in die strate van Mmabatho en Mafikeng losgebars het, reg in die hande van die ANC gespeel het. Die land is onregeerbaar gemaak en president Lucas Mangope se regering is so tot ʼn val te bring. De Wet Potgieter vertel in hierdie openbarende boek van talle onderhoude met die destydse leiers van die Boere Krisis Aksie (BKA) en die Afrikaner Vryheidsfront (AVF) wat aan die voorpunt van regse verset teen De Klerk se hervormingsplanne was. Die organisasies is oortuig dat hulle die geleentheid tot ordelike burgerlike verset ontneem is en dat die Nasionale Party die AWB gebruik het om die regse vleuel van die Afrikanervolk so negatief moontlik te laat lyk. Hierdie bewerings weerklink in die woorde van Jakkie Cilliers van die Instituut vir Sekuriteitstudies (ISS) in sy navorsingstuk “From Pariah to Partner” waarin die gebeure in Mbabatho beskryf word: “Die ware oomblik toe die mag van die NP na die ANC oorgedra is, was gedurende Maart 1994 in die gewese tuisland van Bophuthatswana.” De Wet Potgieter onthul in hierdie boek die verhaal agter die verhaal en gee antwoorde op vrae wat tot nou toe on beantwoord was. ’n Boek wat niemand met ’n belangstelling in die onlangse Suid-Afrikaanse geskiedenis koud sal laat nie.
€10.73
méthodes de payement
Langue Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 240 ● ISBN 9780799356786 ● Maison d’édition LAPA Uitgewers ● Publié 2012 ● Téléchargeable 3 fois ● Devise EUR ● ID 5205935 ● Protection contre la copie Adobe DRM
Nécessite un lecteur de livre électronique compatible DRM

Plus d’ebooks du même auteur(s) / Éditeur

216 367 Ebooks dans cette catégorie