Loupe
Search Loader

Marga Jonker 
City Girl en die swart hings 

Support
Adobe DRM
Couverture du Marga Jonker: City Girl en die swart hings (ePUB)
Nicole woon by haar pa en ouma vandat haar ouers geskei is. Sy het nie ’n goeie verhouding met haar ma nie en sy verkies om vakansies in Pretoria te bly en saam met haar vriendinne uit te gaan. Maar dié vakansie is haar pa weg op wittebrood saam met sy nuwe vrou en moet Nicole noodgedwonge saam met haar ma Weskus toe ry, waar sy by ’n navorsingspan oor Heaviside-dolfyne gaan aansluit. Hulle bly by ’n langverlore familielid van hulle, tannie Pollie. Die Weskus is ’n wêreld wat Nicole glad nie ken nie, maar sy word vinnig deel van ’n groep kinders van die naburige plaas wat ook perdry. Hulle kry te doene met Soutvis die “wilde” perd wat weggehardloop het en in die veld oorleef, en baie skugter is. Die klomp kinders beraam ’n plan om die perd aan te keer.
€6.99
méthodes de payement

A propos de l’auteur

Marga Jonker kom oorspronklik van Stompneusbaai aan die Weskus. Sy matrikuleer op Vredenburg en daarna kwalifiseer sy haar as onderwyseres. Rondom 2000 verskyn haar verhaal Die onskadelike reënspinnekop in die tydskrif Baba & Kleuter. In 2009 word twee van haar verse opgeneem in Nuwe Kinderverseboek (Tafelberg). In 2010 verskyn haar geillustreerde kinderboek, Wat is jy, Kartoffel? by Lapa. In 2012 ontvang hierdie boek die Namibiese Kinderboekforum se toekenning vir die beste boek in die kategorie geïllustreerde kinderboeke. In 2011 word haar gedig Slegs Bekendes opgeneem in Toulopers, uitgegee deur Lapa. Tans woon sy in Durbanville, waar sy deeltyds Xhosa onderrig by Durbanville Voorbereidingskool. Sý is die klashanswors, reken sy.
Langue Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 144 ● ISBN 9780624069249 ● Taille du fichier 1.8 MB ● Âge 17-12 ans ● Maison d’édition Tafelberg ● Publié 2014 ● Édition 1 ● Téléchargeable 24 mois ● Devise EUR ● ID 4534797 ● Protection contre la copie Adobe DRM
Nécessite un lecteur de livre électronique compatible DRM

Plus d’ebooks du même auteur(s) / Éditeur

55 137 Ebooks dans cette catégorie