Kaca pembesar
Cari Loader

Penulis: Audrey Blignault

Dukung
Audrey Blignault is in Bredasdorp gebore. Sy word tweetalig groot, maar gaan skool in Engels. Sy besluit om in Afrikaans te skryf nadat sy deur haar studie van die Afrikaanse letterkunde op die Universiteit van Stellenbosch met “die opwindende en verrykende vernuwing” van die Afrikaanse poësie in aanraking gekom het. Sy was die redakteur van Die Huisvrou, doen radiowerk vanaf 1946 met veral twee programme Wat kan ek lees? en Boeke vir ons kinders, en was ’n rubriekskrywer vir Sarie Marais vanaf 1950. In 1967 is sy betrokke in ’n ernstige motorongeluk en is vir ’n geruime tyd in ’n koma. Sy verloor haar eerste eggenoot, Andries Blignault, in dieselfde ongeluk. In 1970 trou sy met A J (Attie) de Villiers. Die egpaar het in Tuine, Kaapstad gewoon. Sy verwerf die Eugène Maraisprys in 1961 vir haar eerste twee boeke, die W.A. Hofmeyr-prys in 1965 vir Met ligter tred en ander prosa, die Italiaanse Adelaide Ristori-prys in 1980 vir haar waardevolle bydraes tot kultuur, en die Staatspresidentstoekenning in 1982 vir uitmuntende diens. Sy is die eerste vrou om tot die bestuur van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verkies te word, in 1973, en word ’n erelid daarvan in 1994. Sy ontvang ’n eredoktorsgraad van die Universiteit van Stellenbosch in 1991. Sy is op 1 Oktober 2008 in ’n kliniek in Kaapstad op 92-jarige ouderdom oorlede.




2 Ebooks oleh Audrey Blignault

Audrey Blignault: Die plesierboom
Elke dag se ervarings in die lewe van ’n gewone huisvrou, dit is die boustof van hierdie essays. Maar soos die storiekoning van ouds die dinge wat hy aanraak in goud kon verander, so het Audrey …
EPUB
Afrikanas
DRM
€11.99
Audrey Blignault: Met my rooi rok voor jou deur
Die onweerstaanbare Audrey Blignault het destyds die wêreld van die Afrikaanse vrou óópgeskryf en was haar tyd vooruit. Dié unieke keur bring haar beste werk byeen, van kort sketse uit die vroeë …
EPUB
Afrikanas
DRM
€12.99