Kaca pembesar
Cari Loader

François Bloemhof 
Die vierde stem 

Dukung
Terwyl Afrikaanse fiksiesoorte al hoe duideliker afgebaken word, raak François Bloemhof se werk minder definieerbaar – en hier is weer ’n storie wat geen resep volg nie. ’n Kantoorwerker, kopdokter en skrywer beïnvloed mekaar op uiteenlopende wyses. Die leser weet meer as dié drie, hoewel nooit genoeg om te voorspel wat kom volgende nie. Maar aan wie behoort die vierde stem? Watter rol speel sy in die gebeurtenisryke intrige, en wat is haar vreeslike oplossing? Aangetrokkenheid en afhanklikheid. Konflik, magspeletjies en die ou-ou stryd tussen haat en liefde. Alles in een sielkundige riller saamgebind met ’n blik op menseverhoudinge wat jy nie aldag kry nie.
€12.99
cara pembayaran

Tentang Penulis

François Bloemhof is die enigste skrywer ter wêreld wat so uitgebreid en suksesvol vir die volwasse, tiener- én jeugmarkte skryf. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon, insluitend met die De Kat-prys vir sy debuutroman Die nag het net een oog. Sy ander pryse sluit etlike ATKV-Veertjies in, waar lesers self die wenboeke aanwys. Onder sy baanbrekerswerk (op wêreldwye vlak en nie bloot plaaslik nie) tel die eerste boek met ’n oorspronklike (selfgekomponeerde) CD-klankbaan, eerste boek met ’n eie rekenaarspeletjie, eerste Flipom, eerste interaktiewe vervolgverhaal (in Rapport) en eerste tydskrifroman. Voeg daarby die eerste/enigste Afrikaanse strokiesreeks en die heel eerste e-boek in Afrikaans. Verder het hy al tekste vir die verhoog (’n kabaret, drama en twee tienertoneelstukke) en radio (dramas en vervolgverhale) gelewer. Rolprentwerk en liedjies skryf is sy nuutste “tydverdrywe”. Hy is ’n vryskut-taalpraktisyn asook -kopieskrywer, -resensent, -joernalis en -samesteller. Hy was ook al verhaleredakteur by Sarie en boekeredakteur by Die Burger.
Bahasa Afrikanas ● Format EPUB ● Halaman 216 ● ISBN 9780798168281 ● Ukuran file 0.6 MB ● Penerbit Human & Rousseau ● Diterbitkan 2014 ● Edisi 1 ● Diunduh 24 bulan ● Mata uang EUR ● ID 4754109 ● Perlindungan salinan Adobe DRM
Membutuhkan pembaca ebook yang mampu DRM

Ebook lainnya dari penulis yang sama / Editor

699,325 Ebooks dalam kategori ini